Dagboek vir die landbouer

11 May 2021 | Landbou
Miniskou op Grootfontein

Op Dinsdag 18 Mei 2021 vind 'n inligtingsdag en miniskou op Grootfontein plaas. Die GTO-streekslandbou-unie is die gasheer. In 'n geskiedkundige eerste word die fossiele wat in die streek voorkom, bespreek. Aktuele sake soos die veeartsenykordonheining, Vleisraad-heffings, Meatco, omgewingsklaringsertifikate en verbeterde kommunikasietegnologie word deur kundiges onder die loep geneem. Allerlei stalletjies kan besigtig word. Meld aan by Christine by 081 244 6034, of Madelein by 081 242 5456.



Hochfelders hou vergadering

Die Hochfeld Boerevereniging hou op 19 Mei 'n ledevergadering, gevolg deur 'n “Cattle, Game & Corn Day” met wenke oor droëland-mielieverbouing en moderne tegnologie vir boerderye. Dit begin om 10:00 op plaas Etemba van die Fietz-familie. Die sprekers is Paul Klein, dr. Martin Wucher en Ebbi Fischer. Meld asb. aan by Birgit Groenewald by [email protected]



Inligtingsdag oor optimale reproduksie

Omkring solank dié datum. Op 21 Mei word 'n inligtingsdag in die Stampriet Boereverenigingsaal a­angebied onder die tema: “Optimale reproduksie en groei vir maksimum wins”. Die program begin om 09:00 en verskeie interessante sprekers sal aan die woord wees. Dr. Louis du Pisanie se praatjie sal boere wys hoe om in harmonie met sy plaas te boer en maksimum wins te maak. Die ander sprekers sal oor reproduksie as die sleutel tot sukses gesels. Rumenwerking, kruipvoeding en alternatiewe groeibevorderaars, asook dieregesondheid is van die ander temas.

Die registrasiefooi beloop N$200. Kontak Izna Kotze by 081 695 2911 ([email protected]), of Maretha Burger by 063 242 142 ([email protected]).



Westelike Khomas se lede ook byeen

Westelike Khomas Boerevereniging hou op 26 Mei om 15:00 'n ledevergadering in die Harmonie-saal. Om aan te meld of 'n spreekbeurt te bekom, bel die organiseerders by 081 259 6108 of 081 125 0000.

Soortgelyk

 

Mbumba: Duitsland bied te min aan

7 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Visepresident Nangolo Mbumba het Vrydag gesê hoewel die tafel gedek is om die Duitsland-Namibië-volksmoordooreenkoms in die parlement te onderteken, is hy nie...

Nuwe Mej. Namibië gekroon

7 ure gelede | Mense

Die 25-jarige Chelsi Shikongo is Saterdag as die nuwe Mej. Namibië gekroon. Die jong Walvisbaaier werk die afgelope vier jaar as ’n internasionale model. Haar...

‘Gemeenskap vat nie verantwoordelikheid’

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – “Ek het net sewe beddens vir Covid-pasiënte beskikbaar; van ons 19 Covid-pasiënte lê reeds noodgedwonge op trollies in die gang met ’n...

Nuwe kruin op horison

7 ure gelede | Gesondheid

Hoofredaksie – Namibië se gemiddeld van nuwe gevalle van Covid-19 het Vrydag die piek van die tweede golf van die pandemie verbygesteek.Met die 480 nuwe...

Weer vir 7 Junie 2021

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Nat, winderige en koue toestande word van vanaand af oor die suidelike dele verwag. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Gedeetelik bewolk en koud tot warm, met...

Doelwit is 60% teen Januarie

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Met Namibië wat in Maart sy eerste dosisse Covid-19-entstowwe ontvang het, is die beplanning dat, afhangend van wanneer die volgende entstof in...

Palliatiewe sorg vir kankerpasiënte uitgebrei

7 ure gelede | Gesondheid

Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het 'n beroep op geskikte gekwalifiseerde en opgeleide geregistreerde verpleegsters met ondervinding in palliatiewe sorg in alle streke van die...

Vissers misnoeg oor ‘misverstande’

7 ure gelede | Landbou

Leandrea Louw op Walvisbaai – Cavema Fishing het aantygings wat teen hulle gemaak is as “misverstande” uitgemaak nadat byna 700 vissermanne onder die vaandel van...

Reparasies: 'n Blik op die ooreenkoms

7 ure gelede | Regering

Toivo NdjebelaSewe Namibiese streke – Erongo, Hardap, ||Kharas, Khomas, Kunene, Omaheke en Otjozon­djupa – is uitsluitlik geïdentifiseer vir unieke ondersteuningsprogramme vir heropbou en ontwikkeling as...