Dagboek vir die landbouer
STEINHAUSEN SE BOERE VERGADER
Steinhausen BV se lede vergader môre om 15:00 op plaas Steinhausen. Die gassprekers is mnre. Roelie Venter van die NLU en Dries Strydom van Paratus Telecom. Vir verdere besonderhede, kontak Monika Rumpf by 062 561 423 of [email protected].
OKOTOBERFEES OP KAMANJAB
Kamanjab BV hou sy jaarlikse Oktoberfest Saterdag om 18:00 by die BV-saal. Daar is egte Oktoberfest-musiek en kos. Die beplande pret sluit in mopaniestompsaag, bierbeker-optel, ‘n unieke olifantmisstootkompetisie, asook bakstene optel vir die manne. Groot pryse kan gewen word en die toegang beloop N$100 vir volwassenes en N$50 vir kinders. Verdere besonderhede kan verkry word van Willem Smith by 081 129 2835 of Flip Liebenberg by 081 127 6433.
LEER VAN BIOMASSA-TEGNOLOGIE
Die Namibië Biomassabedryfsgroep hou Saterdag ‘n biomassa- tegnologie demonstrasiedag vanaf 09:00 – 17:00 by die Cheetah Conservation Fund, 40 km oos van Otjiwarongo. Dertig verskillende tegnologieë, wat insluit oes, verwerking, weidingsverbetering en vele meer word bekend gestel. Demonstrasies sal gegee word vir die produksie van brandhout, houtskool, en ander produkte. Registrasie beloop N$100 per persoon. Kontak 061 242949, of [email protected].
HOCHFELDERS VERGADER VOLGENDE WEEK
Hochfeld BV hou ‘n ledevergadering op 24 Oktober om 15:00 by die Agri Hochfeld BV-saal. Kontak vir Bianca Marggraff: 062 504211, [email protected].
KEETMANS SE SLU VERGADER
Die Keetmanshoop SLU hou ‘n ledevergadering op 25 Oktober om 08:00 by die Central Lodge Keetmanshoop. Verskeie gassprekers gaan optree. Kontak vir van Ernst Blaauw, [email protected] of Amelia van Rooyen by 063 280677 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie