Dagboek vir die landbouer

30 June 2020 | Landbou
Praktiese kortkursusse vir landbouers

Agra ProVision bied die volgende kursusse aan: Lek en voer vanaf

1 - 2 Julie in Windhoek (N$2 300); Toegepaste dieregesondheid (2de sessie) vanaf 8 - 9 Julie in Windhoek (N$2 300); Pluimveeteling vir ­beginners vanaf 13 - 14 Julie in ­Windhoek (N$2 300); Plaasinfrastruktuur vanaf 16 - 17 Julie in Windhoek (N$2 300); Intensiewe pluimveeproduksie vanaf

20 - 22 Julie in Windhoek (N$2 750); Tuinbou vanaf 23 - 24 Julie in ­Windhoek (N$2 300).

Vir meer inligting, kontak Agra ProVision by 061 290 9208, apv­[email protected]



Summerdown se lede byeen

Hierdie BV hou 'n ledevergadering op 7 Julie om 15:00 in die BV-saal. Kontak vir Rienie du Plessis by 062 561 621, [email protected] vir meer inligting hieroor.

Kalkfeld hou binnekort j­aarvergadering

Kalkfeld se boerevereniging hou sy ­jaarvergadering op 7 Julie om 08:00 vir 08:30 op Plaas Radio van die Du Toits en Jouberts (volg die D2403-grondpad). Tydens die vergadering sal 'n nuwe bestuur gekies word. Meld voor 29 Junie by Elana Joubert: 081 281 1756, [email protected] aan. Vir verdere navrae, kontak Silke von Gossler: 067 290119, [email protected]



Dordabissers wil ­herorganiseer

Hierdie BV hou 'n vergadering op 9 Julie om 14:00 in die BV-saal met die doel om sy herorganisering te bespreek. Die gassprekers is mnre. Kallie Ventzke van die Vereniging vir Vuurwapeneienaars (Goan) en Norbert Neumann van Voermeester. Vir verdere besonderhede, kontak vir Christine Romeis by 061 231 230, [email protected]

Soortgelyk

 

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

12 minute gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Ligte vonnis vir kameelperdjagters

1 uur gelede | Misdaad

Twee Namibiese mans het verlede Dinsdag op Kamanjab 'n ligte vonnis vir onwettige kameelperdjag gekry.Hubertus Alfried Kreiner en Daniel Stephanus Malan is tot 'n boete...

Covid-19 knou Media24

2 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

3 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

3 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Kleintjies terug skool toe

14 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...

'Fitty' wil N$16 m. vir borg betaal

14 ure gelede | Misdaad

Jemima BeukesDie Fishrot-beskuldigde mnr. Tamson 'Fitty' Hatuikulipi – wat die staat aanvoer was 'n inte­grale deel van die viskwota-­omkoopskandaal – het sy vaste bates ter...