Dagboek vir die landbouer

14 May 2019 | Landbou
Agra ProVision lei boere op

'n Veeteeltkursus word vandag en môre op Grootfontein aangebied. Voer, voedingswaardes en inentings sal onder meer bespreek word.

Van vandag tot Donderdag kan belangstellendes ook 'n pluimveekursus in Windhoek bywoon, waar onder meer 'n voerplan en uitbroei van eiers bespreek sal word. Die ­kursusse duur daagliks van 08:00 – 16:30. Die koste vir die veeteelt­kursus beloop N$2 000 per persoon en die pluimveekursus N$2 500 per persoon.

Kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected]



AgriTech bied slypskool aan

AgriTech bied lewendehaweproduksie-slypskole vir boere aan.

Hidrofoniese voerproduksie vir diere en wurmboerdery vir pluimvee- en varkboere sal bespreek word. Dit vind soos volg plaas: 18 Mei op ­Ondangwa, 24 Mei op Mariental en 1 Junie op Rundu.

Dit duur van 09:00 tot 16:15 en kos N$700 per persoon. Kontak AgriTech by 081 561 5044 of [email protected] vir meer inligting.



Summerdown se lede vergader

Hierdie boerevereniging hou vandag om 15:00 'n ledevergadering in die BV-saal. Mnr. Jannie Breytenbach van Meatco is die gasspreker. Kontak Rienie du Plessis by 062 561 621 of [email protected]



Boere van Westelike Khomas kom byeen

Westelike Khomas BV vergader môre om 15:00 by die Harmonie BV-saal. Daar sal sprekers wees wat oor houtskool, trekkers en nog meer gaan praat. Bel Amanda Greeff by 081 259 6108 of Daan Botha by 081 246 6811 vir meer inligting.



Hochfelders vergader ook binnekort

Hierdie boerevereniging hou 'n ledevergadering op 22 Mei om 15:00 in die Hochfeld Agri BV-saal. Die gassprekers is Anneliese ­Wierenga, 'n geohidroloog, en 'n amptenaar van die ministerie van landbou, water en bosbou wat oor boorgate en ­algemene wetgewing daaroor gaan praat. Kontak Bianca Marggraff by 062 504 211 of [email protected] vir meer inligting.



Blumfelders bied 'n ­wynmakietie aan

Hierdie boerevereniging en die ­Robertson Tafelronde hou 'n wynmakietie op 24 Mei om 18:30 vir 19:00 by die Wanderers-klub in Windhoek. Die koste is N$2 000 vir 'n tafel van 10 (N$200 per persoon). Dit gaan 'n heerlike aand met 'n wyn- en jagpakketveiling, asook vermaak en 'n dans wees. Bel vir Mia Enslin by 081 211 7973 vir meer oor hierdie ­geleentheid.

Soortgelyk

 

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

13 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

13 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

13 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

13 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...

D-Dag vir Katrina

13 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, hoor na verwagting vandag of die hoërhof reken sy is skuldig aan...

Vrae oor RCC-salarisse

13 ure gelede | Vervoer

Augetto Graig en Ogone Tlhage - Byna 400 werknemers van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wag in spanning om te hoor of hulle vadeesmaand betaal gaan word....

Die jeug is Namibië se grootste hulpbron

13 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië se jeugdige bevolking is die land se grootste hulpbron. Sou dié hulpbron nie doeltreffend ondersteun word nie, laat dit reusegapings in die produktiewe...

Dit raak warmer én kouer

13 ure gelede | Weer

Die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) sê die afgelope Junie was die warmste wêreldwyd sedert 1979. Volgens dié weerkundiges was wêreldwye temperature vir...