Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Kursusse oor lekke, veeteelt en pluimvee

Agra ProVision bied vandag en môre 'n kursus in lek en voer in Windhoek aan. Verskeie lekkategorieë, die korrekte lek en voer ensovoorts sal tussen 08:00 – 16:30 bespreek word. Dit kos N$2 000 per persoon.

'n Veeteeltkursus word 14 – 15 Mei op Grootfontein aangebied en voer en voedingswaardes, inentings, ens. sal bespreek word.

14 – 16 Mei kan belangstellendes 'n pluimveekursus in Windhoek bywoon, waar 'n voerplan, uitbroei van eiers, ensovoorts bespreek sal word. Die kursusse duur ­daagliks van 08:00 – 16:30. Die kostes vir die veeteeltkursus beloop N$2 000 per persoon en die pluimveekursus N$2 500 per persoon.

Kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected] om jou plek te bespreek.



Woon Aranos se ekspo by

Aranos BV bied op 10 en 11 Mei sy jaarlikse ekspo aan en die tema is landboutegnologie en jag.

Chris Theron kom tree as seremonie­meester op en gaan sorg vir goeie musiek en gesprekke met ons uitstallers en borge. Hy vat ook voor Vrydagaand met 'n lekker “Jagstories-­kampvuurkuier” waar besoekers soos van ouds om die vuur gaan kuier en die kontrei se jagstories gaan vertel. Saterdagaand sluit die ekspo oudergewoonte met 'n dans af. Etes en lekkernye sal deurgaans te koop wees. Toegangskaartjies beloop N$50 per dag vir volwassenes en hoër­skoolkinders. Vir jonger kinders is dit N$20 per kind en vermaak in 'n veilige area word vir hulle gereël.

Die toegangskaartjies sluit die aand­programme se bywoning in.

Vir navrae of om uitstalruimte te bespreek, kontak Jannie Booysen by 063 272 434 of [email protected], of Elna Fourie by 081 637 8389 of aranos­[email protected].



Rehobothers BV hou hul ­jaarver­gadering

Rehoboth BV hou sy jaarvergadering op 11 Mei om 09:00 by die ou Namboerkrale. Kontak vir Elmien, [email protected] vir meer inligting.



AgriTech bied slypskool aan

AgriTech bied binnekort lewende­haweproduksie-slypskool vir boere aan. Hidrofoniese voerproduksie vir diere en wurmboerdery vir pluimvee- en varkboere word bespreek. Dit vind as volg plaas: 11 Mei in Windhoek, 18 Mei op Ondangwa, 24 Mei op Mariental en 1 Junie op Rundu.

Dit duur van 09:00 tot 16:15 en kos N$700 per persoon. Kontak AgriTech by 081 561 5044 of [email protected] vir meer inligting.



Summerdown BV se lede ­vergader

Hierdie boerevereniging hou 'n lede­vergadering op 14 Mei om 15:00 in die BV-saal. Mnr. Jannie Breytenbach van Meatco is die gasspreker. Kontak vir Rienie du Plessis by 062 561 621 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!