Dagboek vir die landbouer
Epukiro se lede vergader
Hierdie boerevereniging se lede vergader môre om 15:00 op die plaas Hekel by Johan en Mariska Claassens. Die sprekers sal moontlik die streekskommissaris van die polisie wees en ook afgevaardigde van die NLU. Vir verdere besonderhede, bel 081 301 0286 of stuur 'n e-pos na [email protected].
Hochfeld-boere trek ook saam
Hochfeld BV se lede vergader ook môre om 15:00 en wel in die Hochfeld Agri BV-saal. Die gassprekers is Daniel Samaria van NMC en Herman Reinders van Marsh Namibia. Kontak vir Bianca Marggraff by 062 504211, of [email protected].
Veiligheid die tema by Witvlei-vergadering
Witvlei BV se ledevergadering môre om 15:00 in die boerehuis handel oor veiligheid en sekuriteit. Jürgen Matthaei sal oor die werk van die Gesamentlike Misdaadvoorkomingsforum praat. Kontak vir Renda Grobbelaar by 081 3041299 of [email protected].
Varkprodusente vandeesweek byeen
Die Varkprodusentevereniging (VPV) hou Donderdag om 08:00 sy ledevergadering, gevolg deur 'n inligtingsessie, die NLU se raadsaal in Windhoek. Lede wat nog nie agendas ontvang het nie, moet asseblief met die NLU in verbinding tree.
Die tema van die inligtingsessie is “Feeding for success”. Praatjies vir die dag handel oor die waarde van gebalanseerde rantsoen asook basiese bioveiligheid. Kontak vir Rina Hough by 061 237838 of [email protected] met navrae of om plek te bespreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie