Dagboek vir die landbouer

29 September 2020 | Landbou
Agra ProVision se kursusse

Agra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober een oor skrophoenderproduksie. Vir meer besonderhede skakel 061 290 9208 of stuur 'n e-pos na [email protected]



Herlewingsplan vir boerdery ondersoek

Otjiwarongo BV se uitgestelde vergadering oor die herlewingsplan vir lewendehaweproduksie vind nou op 6 Oktober op die plaas ­Buffelhoek plaas. Die program begin om 08:00 en die aanbieder is mnr. Colin Nott. 'n Veldbesoek word om 11:00 aangebied en die program sluit om 16:00 af. Dit kos N$200 per persoon waarby ontbyt, middagete en koffie ingesluit is. Kontak vir Johan Pieterse by 067 303 315 of [email protected]



Swakarabedryf vergader

Dié bedryf se jaarvergadering vind op 6 Oktober vanaf 08:30 tot 16:00 by die Schützenhaus Hotel op Keetmanshoop plaas. Vanjaar word geen aandfunksie gehou nie. Vir verdere besonderhede, kontak Jenny Körner by 061 290 9311, [email protected] of Diolene Truter by 063 223 321, [email protected]



Westelike ­Khomas byeen

Hierdie boerevereniging hou 'n vergadering op 21 Oktober om 14:00 in die BV-saal by Harmonie. Vir meer inligting, kontak vir Amanda Greeff by 081 259 6108 of [email protected]



EAN bied jaarkongres

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië (EAN) bied 'n jaarkongres oor die “maksimum benutting van landboupotensiaal vir Namibië se ontwikkeling” op 21 Oktober by die Safari Hotel aan.

Die doel is om kenners vir betekenisvolle gesprekvoering byeen te bring, waarna sleutelvoorstelle uit die konferensie in die vorm van 'n verslag met beleidsmakers, finansierders en die skenkingsgemeenskap gedeel sal word.

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...