Dagboek vir die landbouer

01 October 2019 | Landbou
Hoe om jou plaas suksesvol te meet

AgriCulture Alive bied vanaand om 18:00 ‘n praatjie deur Gunther Roeber oor die algemeenste getallemetings vir lewendehaweproduksie aan.

Dit vind plaas by Jeppestraat 2 in die noordelike nywerheidsgebied (agter Wecke & Voigts Wholesale) en registrasie beloop N$150 per persoon. Vir verdere inligting, kontak Roeber by [email protected]

Skryf in vir dié kursusse

Agra ProVision bied die volgende kursusse aan: ‘n Hidroponie- en akwaponie-kursus vandag en môre in Windhoek, en een oor skrophoenderproduksie van 8 tot 10 Oktober op Otjiwarongo.

Die kursusse duur van 08:00 tot 16:30 en kos N$2 300 en N$2 800 onderskeidelik. Kontak Agra ProVision by (061) 290-9802 of [email protected]

Bekende dr. Gerhard Verdoorn by skou

Die bekende bewaarder van Suid-Afrika, dr. Gerhard Verdoorn, sal Donderdag by Agra se stalletjie by die Windhoek Skou ‘n praatjie oor die sekondêre vergiftiging van diere lewer. Hy sal van 12:00 tot 17:00 daar wees.

Namib Mills hou inligtingsdag

Akkerbouers word uitgenooi na Namib Mills se inligtingsdag wat onderskeidelik môre by Namib Mills Otavi (15:00) en Donderdag by die Mariental-sportklub (18:00) sal plaasvind. Die sprekers is Wessel Lemmer en Herman van Rensburg. Lemmer gaan oor die ekonomie in die algemeen, asook die oes- en prysverwagtinge vir mielies en ander gewasse praat.

Van Rensburg was verlede jaar Suid-Afrika se jong boer van die jaar, en hy gaan oor sy boerdery gesels, wat in ‘n reënvalomgewing soortgelyk aan Namibië s’n is.

Hy sal ook kyk na praktiese grondbewerking, plant, onkruidbeheer, bemesting, plantbestandheid en veral risikobestuur en meganisasie.

Kontak Rina Hough by [email protected] of (061) 237-838 vir navrae.

Soortgelyk

 

Man met hope wildprodukte vas

1 uur gelede | Misdaad

'n Namibiese man is verlede week op Divundu met 'n groot verskeidenheid beheerde wildprodukte glo in sy besit in hegtenis geneem. Mnr. Katoima Kandunda is...

Vol ambulans bots teen bees

4 ure gelede | Ongelukke

Drie staatspasiënte is vanoggend lig beseer toe ‘n ambulans van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ‘n bees op die hoofpad tussen Otavi en...

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

15 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Media 'mishandel' Hage

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

15 ure gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

15 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...

‘Jagter’ se prokureur onttrek

15 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die sogenaamde jagter wat daarvan beskuldig word dat sy ’n Britse joernalis tydens ’n jag- en visvangsafari ingeloop het, se regsverteenwoordiger het...