Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Elvira Hattingh
Onthou Napha se jaarvergadering

Die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha) hou hul jaarvergadering vandag om 07:30 by Droombos, Windhoek. Van 18:30 af vind ’n spitbraai plaas en kostes beloop N$300 per persoon vir die aand se verrigtinge. Kontak Napha voor 10 November by 061 234 455 of [email protected].

Fietsryers trap vir Dare to Care

Van 28 tot 30 November gaan ’n groep vrywilligers 376 km met bergfietse van Otjiwarongo na Torrabaai ry om geld vir die Dare to Care-droogtehulpfonds in te samel. Alle deelnemers is sakemanne of boere wat deur die droogte geraak word. Hulle het borgskappe nodig om hulle per kilometer te borg, maar ander borgskappe is ook welkom. Kontak Len de Jager by 081 236 3713, Herman Lintveld by 081 129 9987 of Dirk Potgieter by 081 127 8200 vir meer inligting.

Openbare vergadering oor GM-mielies

Akkerbouprodusente het Geo Pollution Technologies genader om omgewingstudies te doen vir die bekendstelling van geneties gemodifiseerde (GM) mielies, oftewel Zea Mays, vir landboudoeleindes in Namibië, waarná ’n aansoek ook by die Nasionale Kommissie van Wetenskap- en Tegnologienavorsing (NCRST) gebring sal word. Dit behels die bekendstelling van MON810, MON89034 en NK603. Alle belanghebbendes en geraakte partye word na ’n openbare vergadering op 3 Desember om 10:00 op Grootfontein by die Grootfontein-skougronde genooi. Die moontlike voor-en nadele van die gebruik hiervan sal uitgelig word, waarná die gehoor aan die gesprek kan deelneem. Bevestig voor 29 November deur ’n e-pos aan [email protected] of [email protected] te stuur, of ’n faks na 088 626 368, of skakel 061 257 411.

Kursus oor droëlandgewasse

Agra ProVision bied van 3 tot 4 Desember ’n kursus oor die beste praktyke vir droëlandgewasse in Windhoek aan. Die kursus duur van 08:00 tot 16:30 en kos N$1 500 per persoon. Belangstellendes kan Agra ProVision by 061 2909208 of [email protected] kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!