Dagboek vir die landbouer

09 July 2019 | Landbou
Agra ProVision bied veeteeltkursus aan

Agra ProVision bied van 9 tot 10 Julie ‘n veeteeltkursus in Windhoek aan. Voerbehoeftes, parasiete, inentings en nog meer word bespreek en ‘n praktiese sessie word ook aangebied. Die kostes beloop N$2 000 per persoon. Vir meer inligting, kontak Agra ProVision by 061 2909 208 of [email protected]

Kaiserstraat BV gesels oor boskos

Hierdie boerevereniging hou sy algemene jaarvergadering op 11 Julie om 17:30 in die raadsaal by die Namibië Landbou-unie (NLU). Boskos is die gespreksonderwerp, met ‘n gasspreker wat dit as droogtevoer-opsie sal bespreek. Daar sal ook uitstallings van produkte wees. Meld aan deur ‘n SMS/WhatsApp na 081 644 1046 te stuur, of stuur ‘n e-pos na [email protected]

NOA-opleiding oor organiese produksie

NOA (die Namibië Organiese Vereniging) bied op 12 Julie ‘n opleidingskursus van 08:30 tot 17:00 in die Namibië Landbou-unie se raadsaal aan oor organiese standaarde, asook oor vereistes vir organiese sertifisering. Die vereniging sal belangstellendes oor ‘n deelnemende waarborgstelsel (Participatory Guarantee System – PGS) inlig.

Organiese standaarde is die reëls en regulasies wat bepaal hoe ‘n organiese produk geproduseer moet word en enige voedsel wat as “organies” aangedui word, moet ten minste hierdie standaarde nakom. Die standaarde dek alle aspekte van voedselproduksie – van dierewelsyn, dierevoeding, groente, vrugte en sampioenproduksie tot voedselverwerking en -verpakking.

Produsente wat beplan om organies te produseer, behoort hierdie opleiding by te woon, wat deur me. Mareike Aufderheide-Voigts en me. Manjo Krige aangebied word. Die opleiding kos N$250 vir NOA-lede, terwyl nielede N$400 betaal en studente dit gratis kan bywoon. Belangstellendes kan NOA by [email protected] kontak.

Suiwelprodusente vergader by Mariental

Dit is weer tyd om suiwelprodusente te vereer vir goeie gehalte melk wat gelewer is. Daarom hou die Suiwelprodusentevereniging (SPV) sy jaarlikse dinee op 15 Julie op die plaas van sy voorsitter, Kokkie Adriaanse, buite Mariental.

Op 16 Julie word die algemene jaarvergadering ook hier aangebied, met dr. Tom Tolmay en me. Liza-Marie Taljaard as die gassprekers. Die onderwerpe is die gesondheid en sorg van ‘n melkkudde en die grootmaak van kalwers op Blossom. Daar sal ook ‘n praktiese demonstrasie wees.

Hochfeld BV hou ‘n ledevergadering

Hochfeld Boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 16 Julie om 15:00 by die Hochfeld Agri Boereverenigingsaal. Gassprekers is mnre. Michael Degé van die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) wat oor bosbenutting praat en Werner Kruger van KaapAgri wat oor produkte en dienste by die Hochfeld-tak praat. Vir verdere inligting, kontak me. Bianca Marggraff by 062 504211 of [email protected]

Soortgelyk

 

Vier wildehonde proe vryheid

46 minute gelede | Omgewing

Ná die tragiese skietvoorval in Februarie toe drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die Internasionale Lughawe Hosea...

Vlieëniers vlieg ‘blind’

11 ure gelede | Vervoer

CATHERINE SASMAN – Lugrederye in Namibië en dié wat deur die land se lugruim vlieg, is ontstoke oor die plaaslike burgerlugvaartowerheid (NCAA) se besluit om...

Kragskouspel in Windhoek

11 ure gelede | Plaaslik

Tanja BauseGister het 'n NamPower-transformator van 175 ton deur Windhoek gereis op pad na die Gerus-substasie naby Otjiwarongo, waar dit vandaan kom.Die transformator is in...

Onderwysministerie: Drywer vas oor ivoor

11 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg - ’n Drywer van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is gister omstreeks 03:00 in verband met die onwettige besit van olifanttande...

Bottelneusdolfyne floreer ná stranding

11 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Minstens 25% van Namibië se totale bottelneusdolfynbevolking het sedert 1991 reeds gestrand geraak, maar byna almal het oorleef. Dit laat navorsers wonder of...

Weer vir 18 Julie

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm maar baie warm in die noordelike streke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig, maar warm oor die sentrale kus.GETYE BY WALVISBAAI: L: 10:11...

Nuwe baadjie vir bib, argief

11 ure gelede | Ministeries

Die gebou wat die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe van Namibië huisves, gaan opgeknap word.Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in ‘n verklaring...

Bewaringskool gooi sy deure oop

11 ure gelede | Omgewing

Die Onguta AfriCat Mobiele Laerskool het op 11 Julie sy deure vir kinders en die gemeenskap van die Ehirovipuka-bewaringsgebied in die Noordweste oopgemaak. Vyf jaar...

Taylor Jaye tackles gender-based violence

11 ure gelede | Kuns en vermaak

Sponsored content - The continuing high rates of incidences of gender-based violence (GBV) in Namibia, further highlighted by rapidly increasing cases reported daily from victims...