Dagboek vir die landbouer
AgriTech help slyp boere se kennis
AgriTech bied lewendehaweproduksie-slypskole vir boere aan. Hidrofoniese voerproduksie vir diere en wurmboerdery vir pluimvee- en varkboere sal bespreek word. Dit vind soos volg plaas: 24 Mei op Mariental en 1 Junie op Rundu. Dit duur van 09:00 tot 16:15 en kos N$700 per persoon. Kontak AgriTech by 081 561 5044 of [email protected] vir meer inligting.
Hochfelders vergader môre
Hierdie boerevereniging hou môre 'n ledevergadering wat om 15:00 in die Hochfeld Agri BV-saal begin. Die gassprekers is Anneliese Wierenga, 'n geohidroloog, en 'n amptenaar van die ministerie van landbou, water en bosbou wat oor boorgate en algemene wetgewing daaroor gaan praat. Kontak Bianca Marggraff by 062 504 211 of [email protected] vir meer inligting.
Blumfelders bied wynmakietie aan
Hierdie boerevereniging en die Robertson Tafelronde hou Vrydag 'n wynmakietie om 18:30 vir 19:00 by die Wanderers-klub in Windhoek. Die koste is N$2 000 vir 'n tafel van 10 (N$200 per persoon). Dit gaan 'n heerlike aand met 'n wyn- en jagpakketveiling, asook vermaak en 'n dans wees. Bel vir Mia Enslin by 081 211 7973 vir meer oor hierdie geleentheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie