Daar's 'n slang in die strykyster
Tanja Bause – Daar was nie 'n slang in die gras nie, maar wel in die strykyster.
Op Tsumeb het ‘n klein, bruin huisslang skuiling in ’n strykyster gesoek en is in die proses bokveld toe.
Mnr. Johann Venter het Vrydag aan Republikein vertel sy huishulp, me. Anna David, het verlede week oudergewoonte die strykyster van die werktoonbank in die motorhuis gaan haal om te begin stryk. Toe David dit met water wou vul, het sy die slang gesien.
“Anna het gegil en vir my geroep en gevra ‘ai meneer, hoekom maak jy my so bang?' Ek het glad nie geweet waarvan sy praat nie en met nadere ondersoek die slang in die strykyster gesien,” het Venter vertel.
Die voorkant waar water ingegooi word, was oop en die slang het deur die gat in die strykyster geseil. Venter het probeer om die slang uit te haal en te red.
“Dit was baie moeilik, want hy het sy stert om die middelste verdeling in die watertenk gedraai. Ongelukkig het die slang gevrek,” het Venter gesê.
“Ek weet nie of die slang verdrink het en of hy van die strykyster se hitte gevrek het nie, want Anna was al besig om te stryk en die yster was warm.”
Die slang was sowat 41 cm lank.
“Ek is baie jammer dat hy vrek is, want ek hou nie daarvan om slange net so vrek te maak nie. Gewoonlik vang ek hulle en laat hulle in die bosse gaan, maar dié een het dit nie gemaak nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie