'Daar's 'n koedoe in my slaapkamer'

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Hondsdol koedoebul het Dinsdag vir groot konsternasie gesorg toe hy in ’n bejaarde vrou se slaapkamer beland het.

Die bul is Dinsdagaand in die 82-jarige me. Elise Bekker se slaapkamer op Kappsfarm, buite Windhoek, geskiet.

Volgens Bekker het die bul oor heinings van “vier tot vyf voet” hoog gespring wat haar huis omhein.

’n Buurman sowat 300 m van haar af het die bul eerste in sy tuin opgemerk en Bekker gebel om haar te waarsku.

Sy het die oproep egter gemis en dit was uiteindelik die “verskriklike geblaf en onrustigheid” van haar honde by haar agterdeur wat Bekker genoop het om te gaan ondersoek instel.

“Toe ek by die agterdeur kom, toe sien ek net sy agterstewe,” het sy vertel.

Die koedoe het om die hoek na die voorkant van haar huis beweeg.

Bekker het intussen haar seun gebel wat ook daar naby woon.

Met sy aankoms het hy vir sy ma geskree: “Die koedoe is in die huis!”

“Ek en die twee honde het ons in die kombuis toegemaak,” vertel Bekker.

Haar seun het deur die venster gesien die bul staan tussen haar bed en ingeboude kaste in die slaapkamer.

Versterkings is ingeroep waarvan een ’n swaar kaliber jaggeweer by hom gehad het.

“Hy wou die bul egter nie in die slaapkamer skiet nie, omdat dit verwoesting sou saai met al die bloed.”

Die hulp van ’n veearts uit Windhoek, dr. H.O. Reuter van African Wildlife Services, is ingeroep, maar hy sou eers binne sowat 45 minute ná ’n afspraak uit die hoofstad kon ry.

“So staan daardie koedoebulletjie daar en roer nie ’n snars nie.”

Aan enige poging om die dier uit die slaapkamer te probeer lok, het die bul hom ook nie gesteur nie.

Teen kwart oor agt die aand het die bul steeds soos ’n standbeeld in die slaapkamer gestaan.

'n Besluit om die dier eers te verdoof, is laat vaar.

“Dit was maar om die bloed en gemors in die slaapkamer te vermy. ’n Hondsdol dier laat hom glo ook nie sommer net verdoof nie!”

Dit sou ’n inwoner van die omgewing uiteindelik sewe skote kos om die dier te verlos.

“Die man skiet twee skote en dan staan die bul maar net weer op. Op die ou einde is een skoot in die koedoe se hart en ses deur sy kop afgevuur.”

Teen negeuur was die hele petalje verby, vertel Bekker. Die bul se karkas is in die slaapkamer gelos en Bekker moes elders oornag.

Woensdag omstreeks 09:00 is die karkas uiteindelik verwyder en het net 'n "wilde reuk" agtergebly.

Volgens Bekker was daar al ’n vorige episode met hondsdol koedoes in die omgewing, maar was die diere toe op 'n erf en by 'n rivier.

“Dié is egter ’n hele ander storie - ’n koedoebul donkeraand in my slaapkamer, ek kan dit nou nog nie glo nie!”

Sy het ’n beroep op mense gedoen om hondsdol diere heeltemal te vermy en van hulle af weg te kom.

“Dis ’n mite dat hulle nie in huise inkom nie.”

Bekker het haar dank uitgespreek teenoor lede van die Kappsfarm-buurtwag en ook elkeen wat met hulp en raad bygestaan het.

Reuter kon nie gister op sy selfoon bereik word nie.

Dr. Rainer Hassel, projek­leier vir die Namibië Landbou-unie (NLU) en Agra ProVision se spesia­le navorsingsprojek oor hondsdolheid onder koedoes, het egter by navraag gesê daar is die afgelope tyd weer hier en daar gevalle van hondsdol koedoes.

“Verlede jaar was daar baie gevalle oos, noordoos en suid van Windhoek en hoewel dit afgeneem het, sien ons nog sporadies gevalle.”

Sy raad is dat mense in gevalle soos hierdie eerstens fisieke kontak met só ’n koedoe moet vermy en dadelik ’n veearts ontbied.

“Tydens die navorsing het ons vasgestel daar is baie hoë vlakke van die virus in die speekselkliere van siek koedoes aanwesig. Verhoogde speekselvloei is dan ook, saam met die vreeslose gedrag van dié koedoes, tekens dit hulle hondsdolheid het.”

Naas die feit dat die diere nie vir mense bang is nie en deur geboue afgeskrik word nie, kan hulle ook tekens van verlamming toon en struikel of val wanneer hulle loop.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022