Cyril: China sal SA nie beheer
Die president sê Suid-Afrika se soewereiniteit word bewaar.
Francois Williams
Die voorwaardes vir die lening van R33 miljard wat Eskom van die Chinese ontwikkelingsbank gekry het, sal nie bekend gemaak word nie, want dié inligting is kommersieel sensitief en sal Eskom se posisie in die kapitaalmark benadeel.
Dit blyk uit pres. Cyril Ramaphosa se antwoorde Dinsdag in die nasionale raad van provinsies.
Cathleen Labuschagne (DA-lid in die Wes-Kaap) wou by Ramaphosa weet wat die bepalings en voorwaardes is van die lenings wat Eskom en Transnet van Chinese banke gekry het.
Die lening van R4 miljard van die Chinese ontwikkelingsbank aan Transnet is op standaardvoorwaardes vir sulke lenings. Die lening is vir vyf jaar en dit is in rand, het Ramaphosa gesê.
Die lening aan Eskom is die derde betaling van 'n leningsgerief van $5 miljard, en sal oor 'n tydperk van tien jaar terugbetaal moet word. Ramaphosa wou egter nie verdere besonderhede oor die lening gee nie, want volgens Eskom sal dit sy posisie in die mark benadeel as die inligting aan die lig kom. Eskom sal die geld gebruik om die Kusile-steenkoolkragsentrale in Mpumalanga te voltooi.
Labuschagne het verwys na lenings wat Chinese staatsbanke aan Afrikalande gee en dit word dan 'n geval waar China die bates van die land oorneem weens wanbetaling. Sy het verwys na die Zambiese elektrisiteitsmaatskappy wat nou in so 'n penarie is omdat hy nie 'n Chinese lening kan terugbetaal nie.
Ramaphosa het beklemtoon Suid-Afrika sal nie toelaat dat 'n ander land beheer kry oor sy bates nie.
Eskom het ook lenings van die Afrika-ontwikkelingsbank, die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds en Suid-Afrika se soewereiniteit word bewaar, het Ramaphosa gesê.
Die DA het 'n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) ingedien om uit te vind wat die bepalings en voorwaardes van die Eskom-lening is. Ramaphosa het Labuschagne belowe dat die regering Suid-Afrika se soewereiniteit te bewaar. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie