Curriebeker staan einde se kant toe
Hierdie naweek vind die laaste ligawedstryde in vanjaar se Carling Black Label Curriebeker-rugbyreeks plaas.
Windhoek se Rudy Badenhorst was die afgelope week vir ’n derde keer aan die wenkant in Republikein se tellingraai. Sy voorspelling dat die Pumas die Cheetahs met 28-17 sou klop, was die enigste inskrywing wat vir die kontantprys van N$1 000 gekwalifiseer het. Die Cheetahs se telling was 19.
Groot tellings is in die naweek se twee ander wedstryde opgestapel. Deelnemers se voorspelde wentellings was ver van die kol in die besoekende Sharks se 56-14 loesing van die Lions, asook die Griekwas se 46-25 tuisoorwinning teen WP.
Hierdie week is opnuut N$1 000 op die spel, asook in volgende naweek se halfeindstryde. In die eindstryd wag reeds ’n boerpot van N$6 000 op een gelukkige deelnemer.
SMS-lyn slegs aktief in Namibië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie