Crete-gimnaste bly op koers
Tydens die Gimnastiekfederasie van Namibië (GFN) se onlangse eerste kwalifiserende toernooi vir artistiese seuns- en meisiesgimnaste, asook ritmiese gimnaste, het Crete met 'n groot span van 104 deelgeneem. Die Windhoekse klub het ook sterk presteer deur altesame 58 medaljes vanaf vlak 1 tot senior Olimpiese vlak in te palm. Die groep gimnaste werk hard ter voorbereiding op die komende nasionale kampioenskap in September en Oktober, onderskeidelik vir trampolien- en ritmiese gimnastiek.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie