Cran reageer op invoerders

'Ooreenkomste verander nie tipe goedkeuring'

14 September 2017 | Tegnologie
Elvira Hattingh - Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) sê die ondertekening van wedersydse erkenningsooreenkomste met reguleerders van ander lande sal nie die vereistes vir plaaslike tipe goedkeuring verander nie.

Dít volg nadat invoerders onlangs die hoop uitgespreek het dat só ’n ooreenkoms met byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse reguleerder Icasa aangegaan kan word.

“Sulke ooreenkomste moet op ’n lidstaatvlak onderteken word en sal Cran in staat stel om toerusting te toets soos nodig en ook om van hul laboratoriums gebruik te maak. Dit sal egter nie die vereistes vir goedkeuring verander nie.

“Goedkeuringsertifikate wat in ander lande uitgereik word, is slegs geldig binne daardie land se grense en het nie jurisdiksie in Namibië nie. Namibië is ’n soewereine staat,” sê mnr. Festus Mbandeka, Cran se uitvoerende hoof.

Boonop sê hy Cran was genoodsaak om in die tussentyd streng maatreëls in te stel nadat sekere invoerders telekommunikasietoerusting deur middel van vervalsing die land ingebring het.

“Die verskeping van telekommunikasietoerusting sonder geldige tipe goedkeuring-sertifikate word op eie risiko gedoen en die reguleerder sal nie verantwoordelik gehou word vir enige toerusting wat as gevolg hiervan by ons grense geskut word nie.”

Op invoerders se klagte dat doeanebeamptes soms toerusting by grense terughou omdat hulle nie weet waarvoor alles tipe goedkeuring vereis word nie, of dat hulle soms onkundig is, sê Mbandeka doeanebeamptes is wel opgelei om telekommunikasietoerusting, wat Cran se goedkeuring benodig, behoorlik te ondersoek.

“Verder het Cran en die ministerie van finansies se afdeling vir doeane en aksyns ’n wedersydse samewerkingsooreenkoms in 2015 onderteken oor hoe om seker te maak alle toerusting wat gebruik, verkoop of plaaslik met elektroniese kommunikasienetwerke verbind word, nie die land se grense sonder geldige sertifikate sal binnekom nie.

“Doeanebeamptes het toegang tot ons databasis, wat aandui watter toerusting tipe goedkeuringsertifikate moet hê en watter reeds deur Cran goedgekeur is. Boonop is doeanebeamptes in voortdurende kontak met ’n aangewese Cran-span om unieke probleme te hanteer,” sê Mbandeka.

Hy sê ook die Cran-span wat aansoeke vir tipe goedkeuring hanteer beskik oor al die nodige kennis in ingenieurswese en inligtingtegnologie om die regulasies af te dwing en ontvang gereeld opleiding soos wat tegnologie ontwikkel.

Verder meen Cran die aansoekprosedure is eenvoudig.

“Aansoekers moet ’n Cran-vorm getiteld “Telekommunikasietoerusting tipe goedkeuring” invul en dit moet al die relevante dokumente vergesel soos aangedui op p.15 van die aansoekvorm.

“Vanweë die aard van die proses en aantal aansoeke wat ons ontvang, neem dit 40 dae om die aansoek te voltooi – mits al die nodige dokumente saam ingedien word en die nodige geld betaal is. Aansoekers wat sukkel om die vereistes te verstaan, kan direk met Cran kontak maak,” sê Mbandeka.

Soortgelyk

 

Theo Mujoro is nuwe hoof van verkiesings

17 ure gelede | Politiek

Mnr. Theophilus (Theo) Mujoro is vanaf 1 September vanjaar vir ‘n tydperk van vyf jaar aangestel as die nuwe hoof verkiesingsbeampte van die Verkiesingskommissie van...

Nuwe spoedkameras getoets

18 ure gelede | Infrastruktuur

Die Namibiese polisie se verkeersbeamptes toets van gister af die werking van nuwe spoedkameras op Namibië se hoofpaaie. Veral in die Erongo- en Otjozondjupastreek word...

Onderwys: ‘Gebruik wat julle het om fondse in te...

19 ure gelede | Onderwys

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa het ’n beroep op skole gedoen om beskikbare middele te gebruik om fondse vir hul...

Otjomuru-kliniek aan regering oorhandig

19 ure gelede | Gesondheid

Die Otjomuru-kliniek naby die Otjomuru-nedersetting sowat 27 km oos van Okangwati in die Kunenestreek, is aan die regering oorhandig. Die konstruksie van die kliniek was...

Nuwe visekanselier vir Unam

20 ure gelede | Onderwys

Die Universiteit van Namibië (Unam) sal voorleggings deur die vier kandidate vir die universiteit se visekanselierspos regstreeks op YouTube, Twitter, Facebook en hul webwerf uitsaai.Die...

Windhoek se krane dalk oor twee seisoene leeg ...

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Windhoek het genoeg water om twee reënseisoene te dek, indien dit bykomende waterbronne in die Noorde, asook die Windhoek-akwifer onvolhoubaar gebruik én...

Wag die Skedelkus op Harry en sy bruid?

1 dag gelede | Toerisme

Des Erasmus - Prins Harry-koors teister die gebied tussen Hentiesbaai en die monding van die Kunenerivier op die noordgrens en die ooreenstemmende leeu- en renosterwêreld...

Weer vir 22 Junie 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik in die binneland. Dit sal gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm oor die verre Noordooste en die Khomasstreek wees. Elders sal...

Fosfaat-debat begin oor

1 dag gelede | Omgewing

Augetto Graig - Die ontginning van fosfaat op Namibiese seebodem is vir eers van die baan af. Die minister van die omgewing en toerisme,...