CoW baklei teen beslaglegging

Die Windhoekse munisipaliteit word deur ’n siviele eis van etlike miljoene in die gesig gestaar.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.

Veertien superintendente verbonde aan die stadspolisie het onlangs glo dié bevel bekom om meer as N$6 miljoen se beweerde agterstallige betalings van CoW te verhaal.

Hulle beweer in dokumente dié geld kom hulle toe omdat die munisipaliteit glo vir lank versuim het om hulle ingevolge hul bygewerkte posgraderings te vergoed.

Die plaaslike owerheid het by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, gesê die aantygings oor uitstaande betalings is bog.

Hy sê hulle wag tans op ’n antwoord oor die weg vorentoe nadat hulle die beweerde bevel teengestaan het.

In ’n beëdigde verklaring sê senior superintendent Gerry Shikesho egter die 14 se eis van N$6 391 604 is reg bereken.

Hy wat Shikesho is, het dit glo op hulle versoek nagegaan en bevestig.

Republikein het verneem die stadspolisieamptenare reken dié geld kom hulle terugwerkend toe gebaseer op bygewerkte posskale – glo deur hul hoof, mnr. Abraham Kanime, beding.

Maar, sê Akwenye, CoW skuld die mense geen sent nie.

Sou die beslagleggingslasbrief wederregtelik bekom gewees het, sal hulle alle nodige stappe doen om dit te beveg, sê Akwenye.

Hulle betwis die geldigheid van die bevel, sê hy. “Ons probleem is die bevel is nie reg uitgereik nie.”

’n Aanvanklike dokument het glo geen eisbedrag bevat nie. Dié dokument is glo na bewering in ’n latere stadium “verkeerdelik gewysig” waarna die N$6 miljoen aangebring is. “Daar is baie wat agter geslote deure gebeur wat jy nie nou sal verstaan nie,” sê ’n onberispelike bron.

Die bron sê voorts: “Goed is nie reg gedoen nie. Hoekom is die voertuie waarop beslag gelê is, nog nie verkoop nie? Want daar is tegniese punte.”

In dié stadium is daar glo nog net op twee voertuie beslag gelê – een GTI en een van Kanime se spogmotors.

’n Fortuner en ’n Mercedes-Benz is na wat verneem word aan hom toegeken. Dit is onduidelik op watter van dié twee voertuie beslag gelê is.

Volgens Akwenye het die balju glo nog ander voertuie in hul visier.

In ’n brief wat vroeër vandeesmaand uitgereik is, gee mnr. Penda ya Otto, ’n senior arbeidsinspekteur, die balju opdrag om op CoW-bates beslag te lê om die beweerde skuld te verhaal.

Kanime, wat glo agter die posgraderings is, het gister gesê hy is nie by magte om kommentaar te lewer nie. “Jy sien, daardie is salariskwessies en dit is die kwessies waarop ek nie kommentaaar mag lewer nie.”

Hy het gesê hy is bewus van die beslagleggings, wat een van sy ampsvoertuie insluit. “Dis nie regtig myne nie. Dit behoort alles aan die stad.”

Volgens die stadspolisiehoof maak hy tans van sy eie private vervoer gebruik.

Kanime het alle navrae na die kantoor van die uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, verwys.

Dit is nie die eerste keer dat dié twee mans koppe stamp nie.

’n Vorige rusie het na bewering daartoe gelei dat Kanime vir meer as ’n jaar geskors is.

Sy skorsing is vroeër vanjaar ná 14 maande, waartydens hy sy salaris ontvang het, opgehef.

Die jongste eise kom te midde van reuseverlies wat CoW ly.

Republikein het vroeër berig vir die boekjaar geëindig Junie 2018 het CoW ’n verlies van ’n kortkop duskant ’n miljard gely – meer as N$814,4 miljoen.

Dié bedrag is bykans N$300 000 meer as die vorige tydperk se verlies van N$565,6 miljoen.

Dít kom nadat Windhoek se uitgawes vir daardie finansiële jaar N$4 711 070 was teenoor sy inkomste van N$3 896,6 miljoen.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.97/OZ DOWN -0.0027 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.74% | Zinc US$ 2 823.90/T UP 0.78% | Brent Crude Oil US$ 88.11/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 909.79/OZ DOWN -0.0001 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.97/OZ DOWN -0.0027 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.74% | Zinc US$ 2 823.90/T UP 0.78% | Brent Crude Oil US$ 88.11/BBP DOWN -0.0025 | Platinum US$ 909.79/OZ DOWN -0.0001