Covishield beperk toegang tot Europa

EU sit op twee stoele oor Indiese entstof, se AU

01 July 2021 | Internasionaal
Ronelle Rademeyer – Die Indiese hoëkommissariaat in Windhoek sê gesprekke word op hoë vlak gevoer nadat die Europese Unie (EU) aangekondig het die Indiese weergawe van AstraZeneca, bekend as Covishield, is nie ingesluit as aanvaarde Covid-19-entstof op dié streek se digitale Covid-reissertifikaat nie.

Dié sertifikaat, wat die “groenpas” genoem word, tree vandag in werking.

Die doel daarvan is om die vrye beweging van mense na en tussen EU-lidlande te bewerkstellig.

Die AstraZeneca-Oxford-entstof (ChAdOx1_nCoV-19) wat in Europa goedgekeur is en vervaardig word, is op die lys van entstowwe wat vir doeleindes van die groenpas aanvaar word. Covishield is egter uitgesluit, hoewel dit presies dieselfde entstof is.

Laasgenoemde word nie in Europa vervaardig nie, maar word onder ’n ander naam en lisensie in Indië deur die Seruminstituut van Indië (SII) vervaardig.

Covishield is een van die twee entstowwe wat in Namibië vir immunisering teen Covid-19 gebruik word. Die ander entstof is Sinopharm wat in China vervaardig word. Laasgenoemde is wel op die groenpas-lys.

Dit beteken Namibiërs wat met Covishield ingeënt is, sal aan openbare gesondheidsbeperkings onderhewig wees wanneer hulle na Europa reis. Dit sluit in beperkings op beweging en toetsvereistes, met aansienlike administratiewe en finansiële implikasies.

Die enigste EU-land waar dit nie sal geld nie, is Spanje.

Mnr. Mohammed Afsar, eerste sekretaris by die Indiese hoëkommisariaat, sê die EU het Covishield goedgekeur as ’n entstof wat deur die Covax-fasiliteit na lande vir hulle immuniseringsprogramme versprei mag word, maar nie vir sy groenpas nie.

Hy sê Indië stem saam met die Afrika-unie (AU) dat dié verwikkeling kommerwekkend is gesien in die lig daarvan dat die EU-gesteunde Covax-fasiliteit grootliks op Covishield steun.

Baie Afrikalande het Covishield vanaf die Covax ontvang en hoewel dit met die EU se goedkeuring was, word daar nou teen dié lande se inwoners wat daarmee ingeënt is, gediskrimineer wanneer hulle na Europa reis, het die AU in ‘n verklaring te kenne gegee.

“Die Covidshield-entstof, tesame met die weergawes van die AstraZeneca-Oxford-entstof wat deur AstraZeneca-SKBio in Suid-Korea vervaardig is, was een van die eerste entstowwe wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as veilig en doeltreffend vir noodgebruik aanvaar is. Beide dié entstowwe het reeds op 15 Februarie 2021 goedkeuring ontvang met die spesifieke doel om dit

deur die Covax-fasiliteit te implementeer en na laer inkomstelande te versprei en die wêreldbevolking teen Covid-19 te beskerm,” sê die AU en Afrika se Sentrums vir Siektebeheer (CDC), wat vra dat dit dieselfde status as ander entstowwe sal hê wanneer mense uit Afrika na EU-lande reis.

Intussen het die EU se ambassadeur in Namibië, me. Sinikka Antila, by navraag gesê die EU-raad se besluit hieroor is ‘n aanbeveling en nie bindend op sy lidlande nie.

“Lidlande kan besluit wie hulle lande mag besoek of nie – dit is nie die EU se mandaat om dit te doen nie.”

Sy beveel aan dat Namibiërs seker maak wanneer hulle na lande in Europa reis, watter entstowwe goedgekeur is.

“Die EU se digitale sertifikaat is nie ‘n verpligting nie.”
[email protected]


FOTO
Covishield, die weergawe van die AstraZeneca-Oxford-entstof wat in Indië vervaardig word, is nie een van die goedgekeurde entstowwe op die EU se nuwe digitale reissertifikaat nie. Foto NMH

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

2 dae gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

2 dae gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

2 dae gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

2 dae gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

2 dae gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...