Covid-uitslae hou Warriors in spanning
Sokker
Die Tafel Lager Brave Warriors se tussentydse hoofafrigter, mnr Bobby Samaria, sê ondanks die angstigheid en onsekerheid in afwagting op die oefengroep se Covid-19-toetsuitslae, heers 'n goeie gees in die kamp.
Die Namibiese nasionale sokkertoergroep is om dié rede nog nie bekend gemaak nie, hoewel hulle bestem is om vandag via Johannesburg na Kameroen te vertrek vir die 2021-weergawe van die Afrika-Nasieskampioenskap (CHAN), die kontinentale skouspel vir spelers wat in hul eie land se ligas speel.
Die toernooi begin Saterdag, hoewel Namibië se eerste groepwedstryd teen Guinee vir komende Maandag bestem is.
Vier dae later speel hulle teen Tanzanië en sluit op 27 Januarie teen Zambië af.
Die oefengroep se nuutste toetsing vir die coronavirus is Maandag gedoen, nadat tien spelers kort voor die Nuwejaar positief getoets het.
Die Namibiese Sokkervereniging (NFA)het gister steeds op die uitslae gewag, wat noodsaaklik vir die samestelling van die finale toergroep is.
Hoewel die aanduidings belowend is dat die uitslae bevredigend kan wees, was die groep gister nog in afwagting.
Volgens die NFA-webblad het afrigter Samaria gesê ondanks die onverwagse wending in die voorbereiding toe die positiewe uitslae die oefenkamp onderbreek het, is die groep in staat om opnuut die land te laat regop sit wanneer die fluitjie blaas en hulle kans kry om op die veld hul vernuf te wys.
“Ons sal geen verskonings voorhou nie. Ons het die vermoë en potensiaal om goed te gaan presteer.
“Gelukkig het ons geen bekommernise oor beserings nie. Die toetsuitslae is die enigste oorweging, maar ons glo en bid dat alles goed sal verloop,” het Samaria gesê.
Die afrigter het die Namibiese nasie aangemoedig om bankvas agter die span te staan.
“Die spelers sal ons land na die beste van hul vermoë gaan verteenwoordig.” – NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie