Covid trek taxi’s se handrem op

Operateurs van minibustaxi’s staak

22 July 2021 | Maatskaplik
Augetto Graig – Operateurs van minibustaxi’s wat hoofsaaklik die hoofstad se informele nedersettings bedien, het gister in Windhoek geweier om verder dienste te lewer.

Volgens mnr. Pendapala Nakathingo, die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta), is ’n vergadering met die bevelvoerder van die Khomasstreek, komm. Ismael Basson, belê, maar niks kon uitgerig word nie aangesien die polisie slegs die wet handhaaf.

Die betrokke regulasies beperk passasiers van minibustaxi’s tot die helfde van hul kapasiteit om sosiale afstand te handhaaf.

Die operateurs sê egter hulle kan nie op dié manier genoegsame inkomste genereer nie, en kla ook oor die onregverdigheid met die toepassing van dié maatreël op munisipale busse, sê Nakathingo.

Een operateur is reeds N$8 000 beboet, omdat die bestuurder een passasiers te veel opgelaai het.

“Ek het die boetekaartjie hier by my!” het Nakathingo gister gesê. “Nabta het vasgestel hoe sosiale afstand binne openbare vervoer gehandhaaf kan word en ons voorstelle by die regering ingedien, maar dit is nie in ag geneem nie,” sê hy.

Langafstandoperateurs word ook deur die nuwe regulasies benadeel, sê hy.

Die situasie is nie so erg vir sedanvoertuigtaxi’s nie, omdat hulle nog tot drie passasiers kan vervoer, wat steeds meer as 50% is, sê die Nabta-leier.

Nogtans is regulasies wat Maandag bekend gemaak is, steeds moeilik om na te kom.

Alhoewel Nakathingo sê Nabta ondersteun die regulasie dat bestuurders en passasiers te alle tye maskers moet dra, vra hy hoe taxibestuurders en -operateurs handreiniger, wat altyd in die voertuig beskikbaar moet wees, en gereelde ontsmetting van voertuie, moet bekostig.

“Waar sal hulle die geld kry? Alles is duurder; petrol, bande, onderdele. Hoe sal hulle oorleef?” vra hy.

Nakathingo sê die regering moes die verskaffers van openbare vervoer tegemoetgekom het deur voorsiening vir handreinigers te verseker, en te help met voertuigontsmetting.

Hy sê die opskudding teen die situasie het gister tot chaos gelei, waar ’n groot skare mense bymekaargekom het; nog ’n risiko vir die verspreiding van Covid.

Volgens hom moet polisiebeamptes van al die streke volgende Woensdag vergader om terugvoering te gee oor Nampol se bydrae tot die stryd teen Covid-19.

Die nuwe regulasies en die pad vorentoe sal daar bespreek word, maar Nakathingo sê die enigste hoop is dat die nasionale inperking beëindig word.

“As dit weer verleng word, sal die situasie vererger. Dit sal chaos bring. Die opskorting van die inperking sal in ons almal se beste belang wees,” sê hy. - [email protected]

Soortgelyk

 

49 sterftes, 609 nuwe gevalle

14 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met 49 waarvan 19 tuis was, tot 2 714. Die hoogste getal is in Gobabis met 12, gevolg deur Rehoboth met 10...

Give me Namibia’s unemployment problem and within 3 years...

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage She was born in Katutura, in a settlement known as Gemeente, which she describes with pride saying that after apartheid during...

Windhoek sloop ‘onbewustelik’

1 dag gelede | Infrastruktuur

Augetto Graig – Die Windhoek munisipaliteit se sloping van sinkhuise in die Tobias Hainyeko kiesafdeling Dinsdag was volgens burgemeester dr. Job Amupanda sonder die kennis...

Inwoners van Otjomuise keelvol vir diewe

1 dag gelede | Misdaad

Tanja Bause – Die gemeenskap van Agtste Laan in Otjomuise in die hoofstad is keelvol ná jarelange teistering deur gewoontemisdadigers. Hulle dreig nou om reg...

Pierneef in vervoering oor Namibië

1 dag gelede | Byvoegsels

Die internasionale veilingshuis Strauss & Co het bekend gemaak dat meer as 60 kunswerke in verskillende media, waaronder skilderye, tekeninge en waterverf, sowel as al...

Making his way up the corporate ladder

1 dag gelede | Mense

Desiree GasesEddie King was born and raised in the Western Transvaal town of Klerksdorp. He grew up in a home with loving, committed and hard-working...

Maria Louw manages an integral role at Paratus

1 dag gelede | Mense

Michelline NawatisesAfter being at Paratus for 14 years, Maria Louw considers herself to be “part of the furniture”, but Paratus considers her part of the...

Weer vir 23 Julie

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande met sandstorms word tot oor die naweek aan die kus verwag.BINNELAND: Koud in die oggend oor die binneland, andersins sonnig en matig tot...

Parlement ‘bang’ vir LPM-leiers

1 dag gelede | Howe

Mathias Haufiku –Wetgewers vrees hul veiligheid sal in gedrang kom as die leiers van die Landless People’s Movement (LPM), mnre. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb,...