Covid-slagoffers só gedenk
Namibia Media Holdings (NMH) het gister 'n herinneringsmuur by sy hoofkantoor in Eros, Windhoek, ingewy waar Namibiërs wat geliefdes aan Covid-19 verloor het, hul nagedagtenis met 'n inskrywing teen dié muur kan gedenk.
In die tweede helfte van Junie het daar omtrent elke halfuur iemand in die land weens dié virussiekte gesterf. Namibië is tydens sy derde golf van die pandemie een van die wêreldlande wat die swaarste getref is.
Die muur is 'n manier om gestalte te gee aan dié tragiese hoofstuk in die land se geskiedenis en Namibië te help om diegene wat gesterf het, te onthou en te gedenk, sê mnr. Albe Botha, NMH se uitvoerende hoof.
NMH het self ook twee personeellede verloor – mnr. Roelf Mouers en me. Nicoleen Coetzee. Hulle was gister die eerstes wat op hierdie wyse gedenk is.
Die herinneringsmuur is op die hoek van Genl. Murtala Muhammedrylaan en Outeniquastraat.
Mense kan die naam, geboorte- en sterftedatum van 'n gestorwe geliefde met 'n permanente merkpen in een van die herinneringsblokkies teen die muur kom skryf op 'n tyd wat hulle pas.
Dit is nie nodig om voor die tyd by iemand aan te meld nie. Onthou net asseblief om só 'n merkpen saam te bring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie