Covid-reu00ebls vir reise
Covid-reu00ebls vir reise

Covid-reëls vir reise

Reisigers moet voor hul reis self seker maak van alle reëls en regulasies in die onderskeie lande op die gegewe platforms, omdat dit voortdurend verander.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Vir oorgrens reise na Botswana, Namibië en Suid-Afrika het jy hoofsaaklik jou paspoort en ’n negatiewe PCR-toetsuitslag nodig wat nie ouer as 72 uur is nie, alhoewel Botswana op die koop toe ’n blitstoets van reisigers op grensposte vereis.

Dit is die jongste regulasies, soos op 22 Desember, vir vakansiegangers wat tussen dié drie lande wil reis.

Kinders van vyf jaar en ouer moet ook negatiewe PCR-toetse by grensposte toon, terwyl dié lande kinders van vier jaar en jonger hiervan kwytskeld.

Tans het jy ook nie ’n Covid-19-inentingsertifikaat nodig om na Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zambië of Mosambiek te reis nie. Afrikalande soos Angola, Malawi, Zimbabwe en Rwanda vereis wel dat besoekers bewys moet kan lewer dat hulle ten volle teen Covid-19 ingeënt is.

Wat Botswana betref, kan die toon van ’n inentingsertifikaat vir toegang by grensposte enige tyd ’n vereiste word. Reisigers word aangeraai om op hoogte van sake te bly.

Dit volg nadat Botswana se president Mokgweetsi Masisi op 1 Desember aangekondig het dat dié land voortaan inentingsertifikate van reisigers sal vereis wat hul land binnekom. Dié vereiste sal egter eers van krag word sodra dit amptelik in die land se Staatskoerant gepubliseer word, wat tot op hede nog nie gebeur het nie.

Tans word glo ook eers samesprekings met die toerismesektor hieroor gevoer.

Botswana, wat reeds sowat 66,5% van sy bevolking ten volle ingeënt het (onder dié wat gemagtig is om dit te ontvang), het op 20 Desember ’n regulasie in sy Staatskoerant gepubliseer waarvolgens mense ’n inentingsertifikaat moet toon as hulle byeenkomste wil bywoon waar meer as 100 mense teenwoordig is.

BOTSWANA

Reisigers na of deur Botswana moet ’n PCR-toetsuitslag kan toon wat nie ouer as 72 uur is nie (vandat die monster geneem is) en word aangeraai om ’n uitgedrukte weergawe van hul resultate met hul saam te neem.

Terselfdertyd word reisigers aan ’n gratis, dog verpligte blitstoets by Botswana se grensposte onderwerp. Tans word reisigers bo die ouderdom van vyf jaar nie van enige van die regulasies kwytgeskeld nie, ongeag hul inentingstatus.

Alhoewel geen regulasies afgekondig is wat vereis dat jy enige dokumente nodig het om Botswana te verlaat nie, kan grensamptenare steeds vra om sekere dokumente, soos jou toetsuitslae, te sien.

SUID-AFRIKA

Suid-Afrika vereis dat jy by grensposte ’n negatiewe PCR-toetsuitslag toon wat nie ouer as 72 uur is vandat jy die resultaat ontvang het nie. Andersins kan jy net by Suid-Afrikaanse grensposte opdaag en ’n kitstoets by hul mobiele eenhede laat doen.

Reisigers moet daarop let dat hulle nie met ’n blitstoets van elders kan opdaag nie; dit moet by die grenspos self gedoen word.

Indien ’n Suid-Afrikaner met dié toets op die Suid-Afrikaanse grenspos positief toets, kan hulle steeds die land binnegaan, maar sal dan by hul eindbestemming moet isoleer. Namibiërs wat positief toets, sal egter nie Suid-Afrika kan binnegaan nie en sal op die grens moet terugdraai Namibië toe om te gaan isoleer.

Namibiërs word dus aangeraai om eerder vooraf te toets.

Kinders onder die ouderdom van vyf jaar oud is weereens van enige toetse kwytgeskeld, terwyl jou inentingstatus jou ook nie van enige van die regulasies kwytskeld nie.

NAMIBIË

Namibië se jongste Covid-19 regulasies geld tot 15 Januarie 2022 – alhoewel leiers gewaarsku het hulle kan die maatreëls op ’n vroeër datum herevalueer, sou die situasie in Namibië vinnig verswak.

Namibië dwing tans geen aandklokreël af nie, hoewel openbare byeenkomste tot 200 persone beperk is. PCR-toetse mag nie ouer as 72 uur wees wanneer mense die land binnekom nie. Dit tel vandat die depper geneem is en moet deur ’n geregistreerde patologie-laboratorium gedoen word.

Mense moet in besit van ’n uitgedrukte kopie van hul PCR-toetsuitslag wees as hulle by Namibië se grensposte opdaag, wat onderteken is of ’n digitale handtekening op het.

Lukrake PCR-toetse sal gedoen word op mense wat die land van elders af binnekom. Van die toetse sal aan genomiese volgordebepaling onderwerp word.

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-uitslae in lande deel van die Afrika-unie (AU) geld eers van 15 Januarie 2022 in Namibië. Ná 15 Januarie sal net Covid-19-sertifikate wat op die stelsel verkry en geverifieer is, gebruik mag word om Namibië binne te kom of te verlaat.

Tot dusver beïnvloed Covid-inentings nie toegang tot Namibië nie, terwyl jy – ongeag of jy ingeënt is of nie – steeds ’n geldige PCR-toets sal moet kan toon.

VÓÓR JY REIS

Wees gewaarsku dat lugrederye asook busmaatskappye hul eie stel regulasies het, wat mag verskil van dié van die land waarheen jy reis. Dit behels bykans altyd dat jy met ’n PCR-toetsuitslag moet opdaag wat nie ouer as 72 uur is nie. Lugrederye en busdienste doen meestal nie blitstoetse nie.

Bel hulle vooraf om seker van hul reëls te maak.

As jy deur Botswana na Suid-Afrika of Namibië reis, kan jy heelpad van dieselfde PCR-toetsuitslag gebruik maak, alhoewel dit steeds binne die 72 uur-tydperk moet val.

Vóór jy ry, maak seker dat die grensposte waarvan jy gebruik wil maak, wel oop is. Grensposte word tans dikwels onverwags toegemaak om ná Covid-19-gevalle ontsmet te word. Met saktyd was die Ramatlabama-grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana juis tydelik gesluit om ontsmet te word.

Namibiërs wat elders positief vir Covid-19 positief toets, moet in daardie land vir 14 dae isoleer voor hulle kan terugkeer. Sou die persoon aanhou positief toets, kan die nodige dokumente van gesondheidsamptenare verkry word om te bevestig dat die persoon nie meer aansteeklik is nie en hul isolasietydperk voltooi het.

Hierdie geld ook vir persone wat binne drie maande voor ’n toets Covid-19 gehad het, maar voortdurend positief bly toets.

Die persone moet dan met ’n isolasie-ontslagsertifikaat binnekom wat nie ouer as drie maande is nie en gewoonlik deur ’n mediese dokter by ’n laboratorium aangevra kan word. Die meeste lugrederye aanvaar nie die sertifikate nie, wat beteken jy sal waarskynlik nie kan terug vlieg nie.

MEER INLIGTING

Vir meer inligting kan belangstellendes by Facebook-groepe soos Covid Travel Regulations NAM/SA, Mal oor Botswana, Botswana Government of DriveBots aansluit.

Op dié blaaie deel verskeie reisigers hul eerstehandse ervaring, terwyl daar ook handige inligting is soos waar reisigers PCR-toetse in die onderskeie lande kan doen en watter grensposte oop of toe is.

Reisigers word gemaan om self seker te maak oor alle vereistes voor hulle ry, omdat dit voortdurend verander. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.54/OZ UP +1.18% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.70% | Zinc US$ 2 876.90/T UP 2.51% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 908.44/OZ UP +0.70% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.54/OZ UP +1.18% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.70% | Zinc US$ 2 876.90/T UP 2.51% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 908.44/OZ UP +0.70%