Covid-19:Private mediese fondse besluit self

Geen lukrake toetse

24 March 2020 | Gesondheid
Henriette Lamprecht - Private mediese fondse is in gesprek met die Vereniging vir Mediese fondse in Namibië (Namaf) oor die betaling van Covid-19-verwante eise.

Verskeie fondse het reeds die groen lig aan lede gegee dat hulle wél eise vir toetse en hospitalisering wat daarmee gepaard gaan, sal uitbetaal.

Een van die fondse is Nammed, wat by monde van sy hoofbeampte, mnr. Gert Grobler, beklemtoon het: “Hierdie is nie ’n saak waaroor fondse met mekaar wil meeding nie.

“Fondse probeer eenvormig optree. In die stadium rus die onus op elke mediese fonds om self te besluit hoe hulle die situasie gaan hanteer.”

Die mediese fonds sal die normale patologiese toetse en dokterskonsultasies wat Covid-19-verwant is, dek deur van die lid se beskikbare dag-tot-dag voordele gebruik te maak.

Grobler het beklemtoon dit kan wel verander.

“Die regering kan dalk spesiale regulasies afkondig gegewe die noodtoestand wat verklaar is.”

Ook Namibia Health Plan (NHP) sal aanvanklike toetsing vir die virus dek sou hul voordeelopsie voorsiening vir sulke bloedtoetse en konsultasies as dag-tot-dag voordele maak.

NHP het sy lede ingelig die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) beskou Covid-19 as ’n aanmeldbare siekte en sal dus verantwoordelikheid vir alle pasiënte aanvaar wat positief vir die siekte toets.

Sou ’n NHP-lid positief vir die siekte toets, moet hy of sy onmiddellik by MoHSS aangemeld word.

Namibia Medical Care (NMC) het sy lede ingelig hy gaan nie toetse vir Covid-19 uitbetaal nie, tensy die lid positief vir die siekte getoets het.

Die mediese fonds verwys na riglyne soos verskaf deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) vir vereistes vir Covid-19-toetsing.

Dit sluit in ’n reisgeskiedenis die afgelope 14 dae na of van ’n land waar gevalle van die siekte voorkom, of noue kontak met iemand wat na so ’n land gereis het.

Mense wat Covid-19-pasiënte versorg, kwalifiseer ook vir toetsing.

NMC sê sou lede aan bogenoemde vereistes voldoen, sal ’n dokter die lid na ’n laboratorium vir toetsing verwys.

Tans word toetse in Namibië by die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) en PathCare gedoen.

Die mediese fonds maak dit duidelik dat indien individue nié aan bogenoemde vereistes voldoen nie, die laboratorium toetsing kan weier.

Die staat se mediese fonds, Psemas, het intussen aan lede gesê om nie die voltooide Covid-19-verwysingsvorms na enige Methealth-kantore, die fonds se administrateur, te neem nie.

Lede moet dit eerder direk na Pathcare of NIP neem.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: Albertus Aochamub ontslaan

54 minute gelede | Gesondheid

Denver Kisting – Die Namibiese diplomaat in Parys, Frankryk, amb. Albertus Aochamub, is uit die hospitaal ontslaan.Dit kom nadat hy onlangs met Covid-19 gediagnoseer en...

Hoofstad onder inperking

12 ure gelede | In beeld

Lang rye mense staan Dinsdag voor winkeldeure in die hoofstad se winkelsentrums om een vir een ingelaat te word. Dít omdat hoktydregulasies die getal mense...

Te min Covid-19-toetsstelle, ventilators

12 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Die grootste struikelblokke in die stryd teen Covid-19 in Namibië sluit in ’n gebrek aan ten volle toegeruste isolasiegeriewe in die streke...

Noodmaatreëls geld reeds landswyd

12 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gisteroggend by navraag bevestig die Namibiese regering se Covid-19-noodmaatreëls is reeds op die hele land...

‘Trokdrywers ’n nasionale bate’

12 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – “Ons drywers is nou ons belangrikste bate en ons moet na hul welsyn omsien. Soos dinge nou aangaan, kan dit vir hulle...

Weer, Woensdag 1 April 2020

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolkte en warm weer met verspreide donderbuie in die noordelike en sentrale dele van die land. Geïsoleerde tot verspreide donderstorms word op plekke...

Otjiwarongo reg vir Covid-19

12 ure gelede | Plaaslik

Augetto GraigOtjiwarongo is hard besig met voorbereidings om die nuwe ­coronavirus by die horings te pak. Die sakeleier mnr. Theo Borstlap en plaaslike apteker mnr....

Vyf huurvlugte neem Europeërs na Duitsland

12 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - ’n Totaal van 2 039 Europeërs en Britte wat in Namibië met vakansie was of hier werk, het sedert die naweek op...

‘Koop asseblief bedagsaam’

12 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh – Kort voor Namibië se Khomas- en Erongostreek gehok is, was supermarkte en apteke in die hoofstad ’n stormloop van paniekerige kopers. Dít...