Covid-19: Versigtige optimisme getemper deur kommer

08 April 2021 | Gesondheid
Te goed om waar te wees?
Gister is net 31 nuwe gevalle van Covid-19 in Namibië aangekondig – die minste op een dag sedert die helfte van November, vóór die tweede golf van infeksies begin het.
Die daaglikse gemiddeld vir nuwe gevalle verlaag hiermee tot 129; 34% minder as die 195 nuwe gevalle per dag sewe dae tevore.
Die sterftesyfer bly nietemin ‘n oorsaak van kommer. Vir Maart is nou 101 sterftes aan die virus toegeskryf teen ‘n gemiddeld van 3,3 per dag. Dit is meer as in Desember en Februarie.
Tot 5 April is reeds 13 verwante sterftes gerapporteer, wat ‘n gemiddeld van 2,6 per dag beteken.
In Maart het 63 mans gesterf (62%) en 38 vroue (38%). Van die oorledenes het 75% ander siektes onder lede gehad. ‘n Totaal van 56 (55%) was 60 jaar of ouer en 41% tussen die ouderdom van 40 en 59. Net vier persone was jonger.
Teenoor die nasionale gemiddeld van 1,22% sterftes uit positiewe gevalle staan hierdie persentasie vir persone van 60 jaar en ouer op sowat 10% of een uit elke tien.
Oor die Paasnaweek was daar ‘n afname in toetse. Oor die laaste sewedagsiklus is gemiddeld 1 163 toetsmonsters per dag geprosesseer teenoor 1 450 tydens die vorige sewe dae. Dit verteenwoordig ‘n afname van 18%; 16% minder as die afname in nuwe gevalle, wat beteken daar mag ‘n nuwe lig voor in die tonnel van bekamping skyn.
Die gevolg van sosialisering oor die langnaweek kan egter sewe tot 14 dae neem om in data neerslag te vind.
Namibië het nou meer as 45 000 gevalle van Covid-19 bevestig sedert Maart 2020 uit byna 340 000 individuele toetse; ‘n positiwiteitskoers van 13% of net meer as een uit tien.
Nuwe kerwe verbygesteek: Beide die Otjozondjupa- en //Kharas-streke het nou kumulatief meer as 2 800 gevalle aangeteken en Hardap meer as 2 200. Die Zambezi-streek het die 700-merk verbygesteek en Kavango-Oos het nou meer as 200 gevalle op rekord – die minste van al 14 streke.
Met 4 979 gevalle staan die distrik van Walvisbaai op die punt om die 5 000-kerf verby te steek.
Die aantal persone in die staat se kwarantyngeriewe is die minste in byna twee maande.

Soortgelyk

 

RMB Song Night vier ’n dekade

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Die RMB Song Night-inisiatief wat op die been gebring is met die doel om Namibiese klanke te laat groei en ontwikkel, vier vanjaar sy tiende...

Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax

3 ure gelede | Gesondheid

Die Europese Unie se adjunkhoof, mnr. Gosia Lachut, het die besending van 24 000 dosisse AstraZeneca-entstof teen Covid-19 van Covax aan Namibië verwelkom. Lachut...

FlyWestair brei binnelandse vlugte uit

3 ure gelede | Vervoer

FlyWestair voeg van volgende Woensdag 28 April 'n ekstra vlug by sy Ondangwa-roete en het ook by die Vervoerkommissie van Namibië aansoek gedoen om vlugte...

Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe

5 ure gelede | Gesondheid

Kavango-Oos het sy eerste besending Sinopharm en AstraZeneca-dosisse deel van die immuniseringsveldtog teen Covid-19 ontvang. Die streek het 7 983 Sinopham- en 2 880 AstraZeneca-dosisse...

Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut

6 ure gelede | Mense

Die Namibië Instituut vir Korporatiewe Bestuur (NICG), wat in 2016 gestig is om gesonde korporatiewe bestuursbeginsels en -praktyke in die land te bevorder, het aangekondig...

Floyd-moordverhoor: Skuldig!

6 ure gelede | Internasionaal

Derek Chauvin (45), gewese polisielid van Minneapolis, is skuldig bevind aan die moord op George Floyd (46).’n Jurie het gisteraand laat (Namibiese tyd) dié beslissing...

Sprinkane nou in 11 streke

16 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die verwoestende sprinkaan­plaag het nou na elf van die land se 14 streke uitgekring en dit is net in die Omaheke-, Khomas-...

Pensioenaris in haar huis vermoor

16 ure gelede | Misdaad

Erwin Leuschner – Gisteroggend het ondersoekbeamptes Trekkopjestraat in Kramersdorf in Swakopmund afgesper nadat me. Irene Lohmeier (82) in haar huis by nommer 9 aangeval en...

Miljoene vir vervalste maskers

16 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – ‘n Chinese tabakmaatskappy met Swapo-bande eis N$6,5 miljoen van ‘n vennoot nadat ‘n ooreenkoms oor die invoer van gesigmaskers op die vooraand...