Covid-19: Tweede golf plat af

29 January 2021 | Gesondheid
Data vir die 14 dae tot Woensdag toon Namibië is moontlik op die kruin van die plaaslike tweede golf van die wêreldwye coronapandemie.
Die totale nuwe gevalle oor die afgelope twee sewedaesiklusse was onderskeidelik 1 944 en voor dit 1 945. Die daaglikse gemiddeld bly dus 278 nuwe gevalle.
Versigtigheid en die nakoming van regulasies bly egter uiters belangrik, gegewe toenames in dele van die land, wat gebalanseer word deur afnames elders.
Ons kaart wys die daaglikse gemiddelde gevalle per gesondheidsdistrik waar die syfer op 27 Januarie 2021 vyf (5) of meer was.
Uit 35 distrikte val 20 nou in die kategorie teenoor 13 die vorige sewe dae.
Distrikte nie op die kaart met huidige en vorige daaglikse gemiddeldes:
Opuwo 4 (4)
Engela 3 (6)
Oshikuku 3 (3)
Outjo 3 (3)
Mariental 2 (2)
Nankudu 2 (0,6)
Okakarara 2 (0,4)
Omaruru 2 (3)
Omuthiya 2 (2)
Usakos 2 (1)
Okahao 1 (2)
Okongo 1 (0,1)
Tsandi 1 (2)
Nyangana 0,4 (0,1)
Aranos 0,3 (0,6)

STERFTES EN ANDER DATA
Sterftes in Januarie staan nou op 110; ‘n gemiddeld van 4 per dag.
Oor die laaste vier sewedagsiklusse was die totale sterftes per week 16 en voor dit 26, 36 en 33. Sterftes het dus afgeneem sedert die swart eerste week van die nuwe jaar en laaste week van die oujaar.
Die afgelope sewe dae is meer as 12 000 nuwe toetse gedoen. Hertoetse (sowat 160) is besig om af te neem.
Gevalle onder gesondheidswerkers het oor die ses dae tot Dinsdag met 76 tot 1 581 toegeneem. Dit is merkbaar minder as die vorige siklus.
Die nuwe gevalle is as volg versprei: Khomas 15, Kavango-Oos 11, Otjozondjupa 11, Zambezi 7, Ohangwena 6, Oshana 6, Oshikoto 6, Erongo 4, Omaheke 4, //Kharas 3, Kunene 2, Hardap 1
Die aantal persone in amptelike kwarantyngeriewe het ook begin afneem. Woensdag het die syfer op 1 216 gestaan.
Die afgelope sewe dae is 1 093 persone in kwarantyn opgeneem en ‘n totaal van 1 800 ontslaan.

AKTIEWE GEVALLE PER STREEK (herstelkoers in hakies)
Erongo 285 (95%)
Hardap 51 (96%)
Kavango-Oos 239 (68%)
Kavango-Wes 13 (58%)
//Kharas 39 (97%)
Khomas 108 (98%)
Kunene 65 (92%)
Ohangwena 30 (94%)
Omaheke 88 (84%)
Omusati 39 (92%)
Oshana 161 (92%)
Oshikoto 408 (67%)
Otjozondjupa 118 (91%)
Zambezi 68 (81%)

Soortgelyk

 

Vyf damme kry water

4 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

14 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

14 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

14 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

14 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

14 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...

Boer oorleef ná windpompstaaf hom deurboor

14 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – ’n Boer van Gobabis is na bewering Maandagnag op sy plaas deur die stiefseun van een van sy werkers ingewag en toe...

Uitspraak vandag oor omstrede skietvoorval

14 ure gelede | Howe

Augetto Graig – Landdros Taboka Mopipi lewer vanoggend om 08:30 in die hof op Kasane in Botswana uitspraak in die geregtelike nadoodse ondersoek na die...

Toeristegetalle styg in 2021

14 ure gelede | Toerisme

Henriette Lamprecht – Die aantal toeriste wat Namibië verlede jaar besoek het, het met 37,1% teenoor dié van 2020 gestyg. Verlede jaar het 'n totaal...