Covid-19: Nog ‘n geval herstel
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê nog ‘n geval van Covid-19 in Namibië het ten volle herstel. Dit bring die totaal nou op nege uit die land se 16 bevestigde Covid-19-gevalle. Volgens Shangula verkeer die sewe ander gevalle “in ‘n baie goeie toestand”. Die kapasiteit van die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) is volgens hom ook verhoog om meer mense te kan toets, met 102 weefselmonsters wat gister getoets is. Almal het negatief getoets. Tot op hede is 1 283 weefselmonsters volgens Shangula getoets. Tans word 241 kontakte gemonitor en is 313 mense in kwarantyn.
Shangula het verwys na ‘n video wat wyd op sosiale media sirkuleer waarin ‘n verpleegster mense teen die dra van maskers maan wat tans verpligtend in die land is. Volgens Shangula is die verpreiding van vals inligting onwettig en kan ‘n persoon krimineel vervolg word. Hy het beklemtoon die dra van ‘n masker is bykomend tot voorsorgmaatreëls soos handewas en sosiale afstand.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie