Covid-19: Land bly in fase 3 vir vyf dae
Loonbesnoeiing bespreek
Denver Kisting – Vanweë die impak van die regering se maatreëls om die verdere verspreiding van Covid-19 hok te slaan, hét die kabinet loonverminderings vir staatsamptenare en politici bespreek.
So het pres. Hage Geingob vanmiddag by Staatshuis in reaksie op ’n vraag van Republikein gesê.
Dié weg vorentoe is egter nog in onsekerheid gehul.
Hy wat Geingob is, skenk reeds maandeliks nagenoeg 30% van sy salaris aan welwillendheid en behoeftige mense, sê hy.
Maatreëls
Die reisverbod wat tans vir in en uit Windhoek, Okahandja en Rehoboth geld, bly in plek vir die volgende vyf dae.
So het Geingob vanmiddag by Staatshuis gesê toe hy tydens ’n virtuele nuuskonferensie aangekondig het die hele land bly in fase 3 vir die volgende vyf dae.
Die huidige fase 3-bedeling loop môreaand om middernag ten teinde.
Geingob het gesê in ’n poging om ekonomiese aktiwiteite ’n hupstoot te gee, sal die aandklokreël van Sondag af om 22:00 afskop maar steeds tot 05:00 van krag wees. Dít geld oraloor die land.
Die aandklokreël begin tans saans om 20:00.
Restaurante en kafees mag Sondag heropen vir etes op hul perseel waartydens alkohol ook verkoop en geniet mag word. In die huidige regime is hulle net toegelaat om wegneemetes te verkoop.
Wat sjebiens betref, het hy gesê dié instellings mag steeds net drank verkoop vir doeleindes om tuis geniet te word.
Geingob het gesê nagklubs en dobbelhuise bly steeds toe.
Die aantal mense per sosiale saamtrek, soos troues, begrafnisse en kerkdienste, word van Sondag af verhoog na 50 – 40 mense meer as die huidige perk van tien mense.
Kontaksport mag steeds nie hervat word nie, het hy gesê.
Alle sakeondernemings móét steeds by alle gesondheidsriglyne hou, het hy gesê.
Dit geld eweneens vir Jan en Sus Alleman, het hy benadruk.
Onder meer sluit dit in die dra van ’n masker in ’n openbare ruimte, die handhawing van sosiale afstand van 1,5 meter en gereelde handreiniging.
Die situasie wek steeds kommer, het Geingob gesê. “Dit is ’n komplekse maatskaplike -, ekonomiese - en gesondheidsuitdaging.”
Die president sê ’n besluit is nog nie geneem oor die verlenging van die huidige noodtoestand wat 17 September ten einde loop nie. “Is daar ’n behoefte om die noodtoestand te verleng? Ons gaan oor vyf dae bepaal of daar ’n behoefte is.”
Vroeër vandeesweek het die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, gesê die amptelike opposisieparty sal nie ’n verlenging van die noodtoestand ondersteun nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie