Covid-19: ‘Indringende maatreëls kom’
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê Namibiërs kan indringende maatreëls verwag om die plaaslike oordrag van Covid-19 te voorkom. Shangula het die stelling gisteraand gemaak tydens ‘n aankondiging dat die vierde Covid-19-geval, ‘n 19-jarige Namibiër, in die land aangeteken is.
“Die doel is om plaaslike oordrag te voorkom, daarom gaan bykomende maatreëls ingestel word wat moontlik swaarkry en ongerief kan veroorsaak,” het Shangula gesê.
Volgens hom is dit die prys wat Namibiërs moet betaal om die land en sy inwoners te beskerm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie