Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

05 June 2021 | Gesondheid
Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.
Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35 gesondheidsdistrikte toegeneem. In 10 distrikte was die daaglikse gemiddeld onveranderd. Net in die distrik van Nankudu, wat bitter min gevalle aanteken, was daar ‘n klein afname.
In Windhoek is 1 636 nuwe gevalle in die periode bevestig; 49% van die land se 3 309 nuwe gevalle.
Die 382 gevalle wat Woensdag in die hoofstad positief getoets het, is net ses minder as die 388 gevalle in Windhoek tydens die kruin van die tweede golf op Oukersdag 2020.
Namibië se huidige daaglikse gemiddeld van 473 gevalle is sewe minder as die piek van 480 op 30 Desember 2020. Die syfer is 80% hoër as die gemiddeld van 262 vir die vorige sewedaesiklus.
Ons grafika wys ook ‘n duidelik toename in gevalle onder gesondheidswerkers die afgelope twee weke. Donderdag het 39 gesondheidspersoneel positief getoets.
Woensdag was 30% van monsters wat getoets is, positief; byna een uit elke drie en die hoogste positiwiteitskoers sedert 31 Desember.
Die 74 110 mense wat ‘n eerste dosis entstof ontvang het, verteenwoordig sowat 3% van die land se totale bevolking. Teen Donderdag het 11 133 ‘n tweede dosis ontvang.
Teen Woensdag was meer as 7 000 gesondheidswerkers reeds ingeënt en meer as 2 000 (29%) het hul tweede dosis ontvang.
Vrydag se data word later vandag aangekondig.


GEVALLE PER DISTRIK
Ons kaart wys die distrikte waar die gemiddelde daaglikse gevalle vyf of meer is.
Die getal in hakies is die daaglikse gemiddeld vir die sewedagsiklus voor dit.
In talle distrikte het gevalle verdubbel en in die Oshakati-distrik, wat Ongwediva en Ondangwa insluit, byna tot 29 per dag verdrievoudig.
Rehoboth, waar die totaal vir die pandemie nou op meer as 2 200 staan, is die gemiddeld 40 gevalle per dag; 24 in die distrik van Swakopmund, wat Arandis en Hentiesbaai insluit, en 21 op Gobabis.
Data vir distrikte nie op die kaart nie (van hoogste tot laagste):


Outjo 4 gevalle per dag (was 2)
Tsumeb 4 (3)
Aranos 3 (3)
Grootfontein 3 (3)
Karasburg 3 (2)
Katima Mulilo 3 (2)
Okakarara 3 (3)
Okahao 2 (2)
Okongo 2 (1)
Omaruru 2 (2)
Oshikuku 2 (0,4)
Outapi 2 (1)
Engela 1 (0,3)
Khorixas 1 (1)
Nyangana 1 (0)
Opuwo 1 (0,4)
Tsandi 1 (1)
Usakos 1 (1)
Nankudu 0,3 (0,4)
Andara 0 (0)


Walvisbaai het nou in totaal meer as 5 500 gevalle en Swakopmund meer as 2 800. Erongo se totaal is digby 9 500 en Oshakati mik na 3 500.
Ander kerwe verbygesteek:
Lüderitz 1 700+
Gobabis en Otjiwarongo 1 400+
Keetmanshoop 1 100+
Okahandja 1 000+
Eenhana 800+
Outjo 500+


STERFTES
Teen Donderdag het sterftes weens Covid-19 en ‘n kombinasie met ander, ernstige siektes tot 899 gestyg. Nog 92 sterftes is die afgelope sewe dae aangekondig.
Totale sterftes in Mei het hiermee tot 218 gestyg teen ‘n gemiddeld van sewe per dag.
Junie se totaal staan op 13; gemiddeld vier per dag.
Gemeet oor sewe dae was die gemiddeld van 10 (9,9) sterftes per dag op 31 Mei die hoogste nog. Die huidige sewedae-gemiddeld is sewe sterftes per dag.
Van die 899 mense wat gesterf het was 54%, meer as die helfte, 60 jaar of ouer. ‘n Verdere 22% was tussen 50 en 59 jaar oud.
Mense in hul 40’erjare verteenwoordig 14% van die totaal, 20 tot 39 is 8% en 19 en jonger 1,3%.
Woensdag het die sterftesyfer onder bejaardes op 11% van positiewe gevalle gestaan.


INENTINGS
Eerste en tweede dosisse per streek:
Khomas 25 562 – 3 238
Erongo 7 929 – 1 043
Otjozondjupa 6 141 – 859
Kavango-Oos 4 829 – 819
Ohangwena 4 178 – 756
Omusati 3 973 – 469
Oshana 3 695 – 819
Kunene 3 455 – 831
Omaheke 3 216 – 662
Hardap 3 108 – 463
//Kharas 2 906 – 372
Kavango-Wes 2 008 – 234
Oshikoto 1 848 – 366
Zambezi 1 262 – 202


TOETSE
Die 3 129 toetsmonsters wat Woensdag verwerk is, is die meeste nog op een dag. Die vorige maksimum was 2 756 op 21 Januarie.
Sewe dae tot 2 Junie: 14 656 toetse, gemiddeld 2 094/dag
Sewe dae tot 26 Mei: 10 610 toetse, gemiddeld 1 516/dag



GESONDHEIDSWERKERS
Nuwe gevalle afgelope sewe dae: 160 (gemiddeld 23/dag)
Vorige sewedaesiklus: 88 (13/dag)


IN KWARANTYN
Mense gehuisves in staatsgeriewe op 2 Junie:
Oshikoto 419, //Kharas 399, Omusati 379, Omaheke 189, Zambezi 167 (reeds 34 dae), Erongo 75, Hardap 60, Kunene 53, Khomas 24, Kavango 17, Ohangwena 0, Oshana 0, Otjozondjupa 0


AKTIEWE GEVALLE PER STREEK (3 Junie)
Erongo 301
Hardap 402
Kavango-Oos 110
Kavango-Wes 6
//Kharas 196
Khomas 3 017
Kunene 40
Ohangwena 90
Omaheke 58
Omusati 178
Oshana 74
Oshikoto 48
Otjozondjupa 293
Zambezi 35

Soortgelyk

 

71 sterftes, 1 372 nuwe gevalle

9 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes skiet met 71 op tot 1 883. Windhoek het die hoogste getal naamlik 24, gevolg deur Keetmanshoop-distrik met 23 sterftes, Swakopmund-distrik ses sterftes,...

Managing director of Paratus Namibia, Andrew Hall, says innovation...

1 dag gelede | Mense

From an apprenticeship with Telkom Ericsson many years ago, Andrew Hall has come a long way in the industry. He now runs Paratus and,...

Boulter sit sy stryd vir vryheid voort

1 dag gelede | Howe

Marc Springer – Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde mnr. Harvey Boulter (51) sal volgende Donderdag weet of sy appèl teen die vroeëre weiering van sy...

Duitsland beloof entstof vir Namibië

1 dag gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Duitsland gaan entstof aan Namibië skenk. Wanneer presies, is nie bekend nie.Die vrag met noodvoorraad uit Duitsland wat gister in die land...

Memorable marble

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Nothing completes an outfit quite like a unique pair of earrings, and that is exactly what inspired Stephane Renecle to start her...

Lig flikker in Covid-tonnel

1 dag gelede | Gesondheid

Dani Booysen – Dinsdag het gemiddelde nuwe gevalle van Covid-19 per dag na ‘n sewedaegemiddeld van 1 399 verminder.Op 27 Junie was die syfer 1...

Die weer vir 9 Julie 2021

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande word in die Suide verwag. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide met miskolle op plekke. Elders...

Woman of substance

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Mwaka Zibiso is a hardworking and focused young lady. She sets goals for herself and persists to achieve them. She says she...

A twofold professional

1 dag gelede | Mense

Desiree GasesMare-Louise Addinall ended up in retail banking, and more specifically Bank Windhoek, in an unconventional way.Addinall has been with Bank Windhoek for three years....