Covid-19: Daaglikse gemiddeld nou minder as 70
Net 34 nuwe gevalle van Covid-19 is vandag vir Vrydag gerapporteer.
Daarmee het die land se daaglikse gemiddelde gevalle, gemeet oor sewe dae, tot 64 verminder – byna die laagste sedert vroeg in Desember verlede jaar.
Van die nuwe gevalle is 13 in die Rehoboth-distrik aangeteken nadat tien skoliere van die Junior Sekondêre Skool W. J. D. Cloete op Rietoog positief getoets het.
Nog twee leerlinge het elders in die land Covid-19 opgedoen, asook twee onderwysers en vier gesondheidswerkers.
Twee nuwe sterftes is gerapporteer. Op 17 September het ‘n jong seun (tussen 1 en 4 jaar oud) in die Gobabis-distrik gesterf en op 18 September ‘n bejaarde vrou in die Eenhana-distrik.
Inentingsdata het nie noemenswaardig verander nie aangesien nege uit die 14 streke nie inligting aan hoofkantoor deurgegee het nie.
In Windhoek is 766 eerste inentings gedoen, 552 daarvan met Johnson & Johnson, asook 439 opvolginentings.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie