Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

24 May 2020 | Gesondheid
‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.
Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.
Persone waarmee die vragmotorbestuurder (47) kontak gehad het, sal vandag nagespoor word, het dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, vanoggend by die nasionale kommunikasiesentrum in Windhoek gesê.
Die man en ‘n ander vragmotorbestuurder het volgens Shangula skelm uit kwarantynfasiliteite by Walvisbaai se vragmotel gesluip. Hulle is deur die polisie in hegtenis geneem en daarna in die isolasie-eenheid by Walvisbaai se staatshospitaal gehuisves. Beide is intussen deur hul werkgewers afgedank.
Die bestuurder het op 3 Mei vrag na Johannesburg vervoer en op 8 Mei teruggekeer. Hy is op die 12de dag van sy verblyf in kwarantyn getoets en die positiewe uitslag is gisteraand ontvang.

HERNUDE WAARSKUWING
Shangula het weer ‘n streng waarskuwing aan persone onder kwarantyn gerig om reëls te eerbiedig. Geen besoekers word toegelaat nie. Besoekers sal volgens die minister op eie koste aan kwarantyn onderwerp word.
“Sporadiese, ingevoerde” gevalle kan volgens Shangula verspreiding in die gemeenskap veroorsaak.
Shangula wou by navraag nie aan Augetto Graig van Republikein sê in watter buurt of buurte in Walvisbaai die uitglippers gaan kuier het nie.
Hy wou ook nie besonderhede verstrek oor waar gevalle 17, 18, 19 en 20 in kwarantyn was of in watter isolasiefasiliteite hulle geplaas is nie. Volgens Shangula kla persone oor teistering en sal sulke inligting nie verstrek word nie.

ANDER DATA
Sewe positiewe gevalle is tans in isoleringseenhede in die land.
Volgens Shangula is 180 toetse gister uitgevoer, waarvan 179 negatief was.
‘n Totaal van 1 594 persone is dusver onder kwarantyn geplaas. Hiervan is 973 reeds ontslaan. Die aantal mense tans onder kwarantyn is 621.

Soortgelyk

 

Namibië het nou 615 gevalle van Covid-19

7 ure gelede | Gesondheid

Namibië se aantal bevestigde Covid-19-gevalle staan nou op 615, nadat nog 22 gevalle die afgelope 24 uur in die land aangeteken is. Volgens die minister...

Monsterkoue glo op pad

8 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – Báie koue, winderige en reënerige toestande word môre (Vrydag) in die ||Karas-, Hardap en Westelike platorand verwag, sê die Namibiese weerkantoor.Terselfdertyd sal...

Dwelmklopjag in Kleine Kuppe

8 ure gelede | Misdaad

Twee mans is gisteraand in Kleine Kuppe in die hoofstad vir dwelmhandel vasgetrek.Volgens ᾿n polisieverslag is twee mans (39 en 23) omstreeks 21:30 met...

Air Nam in nagtelike ure hof toe oor lisensie

12 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery kon laasnag daarin slaag om 'n bevel in die hoërhof te kry wat die Vervoerkommissie van Namibië se besluit...

Fishrot: Geen borg, eis ACC

21 ure gelede | Howe

Jemima Beukes Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is vas oortuig betrokkenes by die Fishrot-skandaal het op ‘n uitgebreide wyse saamgespan om honderde miljoene dollar te steel.Sowat...

Air Nam se vlerke geknip

21 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery is met sy rug teen die muur en het nie beweegruimte om langer die kwessie oor sy bankrotskap en...

Weer vir 9 Julie 2020

21 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en nat toestande word Vrydag en Saterdag in die Suide en Weste verwag. Baie koue toestande word oor die suidelike, sentrale en oostelike...

Munisipale werkers betoog oor kontrakte

21 ure gelede | Regering

Kristien Kruger – Sowat 600 skoonmakers het gister tydens middagete na die Windhoek munisipale hoofkantore opgeruk om ‘n klagskrif aan die burgemeester, me. Fransina Kahungu,...

Itula se partyplanne op dreef

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê dié nasionale kiesliggaam het nog nie dr. Panduleni Itula se...