• Tuisblad
  • Sake
  • Cosatu: ‘Bankstaking nie afgestel, net uitgestel’
Cosatu: u2018Bankstaking nie afgestel, net uitgestelu2019
Cosatu: u2018Bankstaking nie afgestel, net uitgestelu2019

Cosatu: ‘Bankstaking nie afgestel, net uitgestel’

William Horne – Die vakbond Sasbo en sy vakverbond, Cosatu, sê hulle sal die interdik teen Vrydag se beplande massa-bankstaking eerbiedig, maar staak sál hulle nog.

Buite die arbeidshof in Johannesburg het die vakbond Donderdag bevestig dat hy nie sonder beskerming sy lede sal laat staak nie.

Dit kom nadat regter Hilary Rabkin-Naicker ’n interdik teen die stakingsaksie toegestaan het.

Maar Solly Phetoe, adjunkhoofsekretaris van Cosatu, sê hulle sal nie “demobiliseer” nie. Vir hom wys vandag se uitspraak dat Cosatu en sy vennote op die regte koers is.

“Ons volgehoue stakingsaksie deur die loop van 2019 teen kapitalistiese uitbuiting het nou uiteindelik ’n gevoelige snaar in die sakesektor aangeraak,” sê Phetoe.

Hy meen die feit dat Business Unity South Africa (Busa) homself in die saak verwikkel het om die aansoek vir die interdik te bring, wys dat die sakesektor nou begin “bewe”.

Volgens Joe Kokela, hoofsekretaris van Sasbo, is die hofbeslissing “net die begin”.

Cosatu en Sasbo beoog om voor die einde van die dag ’n aansoek om verlof tot appèl teen Rabkin-Naicker se uitspraak in te dien.

Hul aansoek om te staak, sal ook opnuut ingedien word.

Phetoe sê hy vind dit eienaardig dat hul aansoek om ingevolge art.77 van die Wet op Arbeidsverhoudinge te staak, nie dié keer goedgekeur is nie. Volgens hom is dit presies hoe hulle nog heeljaar hul aansoeke ingedien het.

Rabkin-Naicker gaan eers later die redes vir haar beslissing bekend maak. Cosatu het nou sy regsadviseurs opdrag gegee om dié redes so gou as moontlik te bekom.

Kokela sê as hul hofaansoeke se dringendheid aanvaar word, sal die vakbond al op 7 Oktober kan staak.

“Julle sal ons dan in die strate sien,” sê hy oor sy 30 000 tot 40 000 lede wat gretig is om te staak teen afleggings in die banksektor. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!