Conradie, Tromp reg vir Griffons

Rugby

17 May 2019 | Sport
Andrew Poolman - Ná opeenvolgende slae teen drie van die sterkste unies in die SuperSport-uitdaagreeks se noordelike groep, sal die Windhoek Draught Welwitschias hoop om Sondag teen die Griffons hul beste vertoning vanjaar te lewer.

Die Namibiërs se botsing met die Noord-Vrystaters (afskoptyd 12:30) word onmiddellik daarna gevolg deur die Luiperds teen die Valke.

Beide wedstryde word by die buurland se kampioen oop klub, Rustenburg Impalas, se veld gespeel en sal regstreeks op SuperSport 10 gebeeldsend word.

Aan die Namibiese kant is vyf invloedryke en ervare spelers gereed om Sondag hul buiging in vanjaar se kompetisie te maak.

Die geharde losvoorspeler Wian Conradie is 'n groot aanwins vir afrigter Phil Davies, nadat hy deur die Pukke en die Luiperds vrygestel is om in die Wêreldbekerjaar deel van die nasionale span se voorbereiding te vorm.

Conradie se fisieke spel maak hom 'n gerekende speler op Varsitybeker-vlak en hy behoort in tandem met sy Pukke-maat, die haker Louis van der Westhuizen, sommer dadelik 'n impak in sy provinsiale debuut vir die Welwitschias te maak.

Dié twee se werkverrigting op die verdediging vir Pukke was vanjaar opnuut iets ysliks.

Op haker is die haker Obert Nortjé ook weer speelgereed nadat 'n besering in die voorseisoen hom tot dusver buite rekening gehou het.

Agterlangs is Justin Newman (senter of vleuel van Pukke en Luiperds) ook vir die eerste keer vir 'n Namibiese senior span op provinsiale vlak beskikbaar, terwyl die veelsydige spelskepper Johann Tromp en vleuel Russell van Wyk hul beserings afgeskud het en sal strewe om soos tevore 'n verskil te maak.

Conradie (15 toetse), Nortjé (13), Tromp (40), Newman (13) en Van Wyk (9) sluit hulle aan by 'n wed­strydgroep waarvan elke spanlid reeds in volwaardige toetsrugby blootgestel is.

PW Steenkamp, Leneve Damens en Christo van der Merwe is ook terug in berekening ná hul afnaweek, terwyl Chrysander Botha, Rohan Kitshoff en Adriaan Booysen 'n blaaskans kry.

Afrigter Phil Davies sal dus gewis wil sien dat sy Namibiese span reeds hierdie naweek sterker kompeteer as wat teen die Goue Leeus, die Blou Bulle of Griekwas die geval was. Die toetsseisoen in Junie kom reeds spoedig nader.

Die Griffons is egter 'n hegte eenheid wat nooit vir enige opponent terugstaan nie.

Die Pers Mensvreters het laas Vrydag met 20-35 op Loftus Versfeld teen die Blou Bulle verloor.

Die week tevore het Griekwas hulle met 35-26 ondergekry, terwyl hul openingswedstryd 'n tuissege met 34-27 teen die Luiperds was.

Die Noord-Vrystaters het afgesien van 'n gelykopwedstryd (13-13) in 1999 op Welkom nog net sukses in die agt wedstryde sedertdien teen Namibiese spanne beleef.

Hul span van 2016 het met 101-0 die grootste telling ooit teen die Welwitschias in Windhoek opgestapel, maar onder Lyn Jones het die Namibiërs die volgende jaar op Welkom in 'n dramatiese wedstryd met 59-66 (nege drieë teen tien) so byna die bordjies verhang.



Die Welwitschias-groep:

Voorspelers: André Rademeyer, Louis van der Westhuizen, Obert Nortjé, Desiderius Sethie, AJ de Klerk, Ruan Ludick, Wian Conradie, Prince !Gaoseb, Christo van der Merwe, Thomasau Forbes, Max Katjijeko, Leneve Damens (onderkaptein).

Agterspelers: Eugene Jantjies, JC Winkler, PW Steenkamp, Cliven Loubser, Chris Arries, Darryl de la Harpe (kaptein), Justin Newman, Russell van Wyk, JC Greyling, Johann Tromp.

Griffons: 15 Domenic Smit, 14 Ezrick Alexander, 13 Niell Stannard, 12 Arthur Williams, 11 Allistar Mumba, 10 Duan Pretorius (kaptein), 9 Jaywinn Juries, 8 Jean Pretorius, 7 Ludio Williams, 6 Vincent Maruping, 5 Gavin Annandale, 4 Yaya Hartzenberg, 3 Doctor Booysen, 2 Anrich Alberts, 1 Neo Mohapi.

Reserwes: Cameron van Heerden, Kabelo Motloung, Nofuma Nkosikhona, Thato Mavundla, Danrich Visagie, Ethan Williams, Duncan van Vuuren.

• In die Luiperds se tuiswedstryd onmiddellik daarna teen die Valke bevat sy span opnuut twee Namibiërs wat by Pukke studeer, naamlik die slot Johan Retief in die beginspan en stut Nelius Theron wat van die bank af opgestuur kan word.

• Die huidige stand van die noordelike groep ná drie wedstryde elk: 1 Griekwas (15 punte), 2 Goue Leeus (15), 3 Pumas (15), 4 Blou Bulle (10), 5 Griffons (5), 6 Luiperds (4), 7 Valke (3), 8 Welwitschias (0).

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

45 minute gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

10 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

10 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

10 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

10 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

10 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

10 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...