Connor wen titel eers ná sweet
Tennis
'n Spannende en aksiebelaaide eindstryd teen 'n hardnekkige opponent moes eers oorleef word, voordat Connor van Schalkwyk gister die o.16-enkelspeltitel van die ITF Suidelike Afrika-toernooi by die Sentraal-klub in Windhoek gewen het.
Die tweede gekeurde Namibiër was met 6-4, 6-7, 6-3 aan die wenkant teen 'n moedige Anro Nel van Suid-Afrika, nommer drie vir die toernooi.
Hoewel Van Schalkwyk vooraf die gunsteling was op grond van sy oorwinnings in hul onlangse ontmoetings, wou sy eerste afslane gister nie heeltyd saamspeel nie.
Nel se aggressiewe houespel het vrugte afgewerp toe hy in die tweede stel vroeg deurgebreek het om met drie-nul voor te loop en hoewel Van Schalkwyk hard gespook het om sake tot ses-elk te beredder, het die Suid-Afrikaner die valbylpot beklink (7-3) om met 7-6 die beslissende derde stel af te dwing.
Hoewel die derde stel ook met 3-3 gelykop was, het Van Schalkwyk deurgebreek en die doodskoot toegedien.
“Fokus net op die volgende punt. Dit help nie om jou oor die herinneringe van jou foute in die verlede te bekommer nie. Hou aan hard speel en veg vir elke punt,” is hoe Van Schalkwyk agterna sy vertoning opgesom het.
Die o.16 meisies enkelspeltitel behoort aan Suzanie Pretorius van Suid-Afrika, wat haar eerste gekeurde landgenoot Leigh van Zyl in die eindstryd met 6-2, 6-3 geklop het.
• In die spankompetisie wat vandag begin, sal die agt oorblywende lande se o.14's en o.16's mekaar oor die volgende vyf dae takel. Suid-Afrika, Zimbabwe, Zambië, Madagaskar, Mauritius, Mosambiek en Botswana en die gasheerspanne is betrokke, met drie spelers per span. Elke kragmeting word as beste-uit-drie beslis, ná twee enkelspelwedstryde en een dubbelspel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie