Congo-stryd sleep voort op Okahandja
Sommige inwoners dring op die huidige burgemeester se herverkiesing aan, terwyl ander daarteen gekant is.
Lede van Okahandja se dorpsraad kon verlede week nie ingehuldig word nie omdat die meerderheid van die Swapo-raadslede die geleentheid geboikot het.
Die geleentheid, waartydens ‘n burgemeester verkies sou word, is vir die tweede keer in minder as ‘n maand uitgestel aangesien daar nie ‘n kworum was nie.
Swapo het vyf verteenwoordigers op die dorpsraad van sewe lede.
Vier van hulle het nie opgedaag nie: Die huidige burgemeester, mnr. Johannes “Congo” Hindjou, asook me. Hileni Iita en mnre. Helmi Maruru en Gideon Uwu-Khaeb.
Landdros Khaepriums Swartz, wat die inhuldiging sou waarneem, het vir ‘n uur tevergeefs op dié raadslede gewag. Dit is toe tot verdere kennisgewing uitgestel.
Die ongeveer 150 inwoners wat vir die inhuldiging opgedaag het, was ontstoke.
Van hulle het op Hindjou se herverkiesing as burgemeester aangedring, terwyl ander daarteen gekant was. Polisie het die volgepakte stadsaal bewaak.
“Ons is siek en sat hiervoor. Geen Congo, geen verkiesing,” het ‘n inwoner geskree.
“Congo moet padgee en die voorskrif van die SG (Swapo se sekretaris-generaal) moet gerespekteer word,” het ‘n ander teruggekap.
Swapo-ondersteuners wil hê dié party se SG, me. Sophia Shaningwa, moet by die voortslepende kwessie ingryp.
In ‘n onlangse brief het Shaningwa dit duidelik gestel Hindjou mag nie sy posisie behou nie. Sy het geen redes hiervoor verskaf nie.
Shaningwa verkies me. Sofia Upithe as nuwe burgemeester, met Uwu-Khaeb as onderburgemeester en Iita as voorsitter van die bestuurskomitee.
Die uitvoerende distrikskomitee wil Hindjou as burgemeester behou, en verkies Iita as onderburgemeester en Uwu-Khaeb as voorsitter van die bestuurskomitee.
Inwoners van Okahandja dring daarop aan dat die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, mnr. Peya Mushelenga, ingryp. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie