Commando 2 in Katutura kry nuwe baadjie

Skenkings word van oraloor ontvang

01 March 2021 | Gemeenskap
Tanja Bause – 'n Idee het verlede jaar op 27 Julie ontstaan om die Ovaherero-kommandosaal, beter bekend as die Commando 2, in Katutura op te knap.

Mnr. Rirua Komeheke is die man agter dié idee, die geldinsameling én die werk.

“Ek het 'n WhatsApp-groep gestig en die idee met mense begin deel. Die woord het soos 'n veldbrand versprei en ons het skenkings van Ovahereros in Amerika, Kanada, die Verenigde Koninkryk, Botswana en Suid-Afrika ontvang. Dit is bo en behalwe al die skenkings wat ons van mense oraloor Namibië gekry het,” het hy gesê.

“Die idee was om die saal te laat lyk soos hoofman Hosea Kutako dit sou wou hê, as hy nog geleef het. Dit is die visie wat ek met mense gedeel het en almal het ingestem dit is wat ons moet doen. Soos ek altyd spottenderwys sê: 'Commando 2 moet soos 'n Herero-vrou op 'n troue lyk. Hulle lyk besonders mooi'.”

Tot dusver is die mure en al die metaal in en om die gebou geverf. Die dak is geïsoleer, die erf buite is met stene uitgelê en 'n klein tuin is aangelê.

“'n Jong man, Benson, het hier opgedaag en gesê hy wil die vloer binne in die saal met sy eie geld en sy werkers oordoen en het ons summier uit die saal gejaag. Dit is 'n gemeenskapsprojek en al die werk word deur vrywilligers gedoen. Selfs die vroue wat vir ons kos voorberei, het hul eie werk eers gestop om vir ons te kook. Ons het met 13 vrywilligers begin en het nou nege soos die werk minder word.”



opknappingswerk

Volgens sy beraming is reeds sowat N$117 000 aan die opknappingswerk bestee. Skadunette moet nog opgerig word, twee deure vervang word, bome geplant en finale afrondings gedoen word.

“Mense kom kyk na die vordering en gee geld. Gister het iemand weer gekom en geld vir kos vir die vrywilligers gegee. Ons gee vir hulle kos en betaal hul vervoerkoste. Dit is 'n gemeenskapsprojek. Dit is 'n gemeen­skapsbelang wat deur die gemeenskap beskerm word,” sê Komeheke.

“Ons het 'n rekening by Pupkewitz geopen en mense kan die geld daarin oorbetaal. Ons werk nie met geld nie. Ons gaan haal die materiaal wat ons nodig het en stuur vir mense die kwitansie. Ons doen alles so deursigtig soos moontlik. Mense kan wanneer hulle geld in die rekening wil betaal net die verwysing “C2 1996” gebruik en vir ons die bewys van betaling stuur.”

Komeheke is tans besig met onderhandelinge met 'n bank om hul ondersteuning te kry sodat die twee deure vervang kan word.

“As hulle dit doen, benodig ons nog sowat N$17 000 om die werk klaar te maak en dan kan ek in Maart Commando 2 oorhandig aan die komitee wat dit bestuur.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Robberts bly in aanhouding

11 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

11 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

11 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

11 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

11 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

11 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...

Mej. Namibië: Hier is die top-16

11 ure gelede | Gebeure

Die eerste ronde van die 2021 Mej. Namibië-skoonheidskompetisie het Saterdag in Windhoek plaasgevind waar die top-16-finaliste bekend gestel is.Die finaliste is Andeline Wieland, Shahida van...