CNFA reageer op Venaani se eise
Daar blyk nie meer hoop te wees dat vissermanne wat onwettig staak hul poste terug gaan kry of heraangestel word nie.
Otis Finck op Walvisbaai - Die voorsitter van die Konfederasie van Namibiese Visseryeverenigings (CNFA), mnr. Matti Amukwa, het die hoop laat verdwyn dat stakende vissermanne na hul werk kan terugkeer of heraangestel word.
Hy het ook sy teleurstelling oor onlangse opmerkings van die DTA se president, mnr. McHenry Venaani, op Walvisbaai uitgespreek.
Venaani het geëis dat al die stakende vissermanne heraangestel word en voorgestel dat vangtye verleng word sodat die bedryf sy verliese kan herwin.
Venaani het ook ’n 30 dae ultimatum aan die regering gestel, saam met ’n eis dat die kwessie van die stakende vissermanne tot almal se tevredenheid opgelos word.
Amukwa sê honderde Namibiërs is reeds op vissersbote aangestel wat in November 2015 deur vorige vissermanne verlaat is. Hy het ook daarop gewys dat kwotas wetenskaplik opgestel word nadat omvattende navorsing en studies gedoen is.
“Om die kwota te verhoog sonder wetenskaplike insette sal onverantwoordelik wees en sal uiteindelik tot die uitputting van die visbron lei. Werkskepping het niks met onwettige stakings en destabilisering te doen nie, veel eerder is die teendeel waar. Ons het stabiliteit en ’n werkmag nodig wat daartoe verbind is om beleggers te lok om sodoende meer werkgeleenthede te skep,” het hy gesê.
Hy het aantygings oor buitelandse burgers ontken en gesê die aantal sodanige individue wat in diens is, is beperk en het oor die jare afgeneem tot enkeles in poste wat hoë vaardigheid vereis waarvoor Namibiërs nog nie opgewasse is nie.
Volgens Amukwa het die CNFA met die regering en erkende vakbonde namens die visserymaatskappye in gesprek getree met die oog daarop om die klagtes van vissermanne die hoof te bied en die situasie op te los. Onrealistiese eise van die stakers het dit egter onmoontlik gemaak om ’n lewensvatbare oplossing te vind.
’n Aantal vissermanne is reeds vir byna ’n jaar deur verskillende visserymaatskappye in diens geneem en werk saam met die vissermanne wat nie aan die onwettige staking deelgeneem het nie. Hulle werk ook saam met diegene wat na hul poste teruggekeer het, nadat dit aan die lig gekom het dat hulle deur hul vakbond mislei is. Hul onverantwoordelike optrede het nie het hul eie werk benadeel nie, maar volgens Amukwa ook die lewensbestaan van duisende Namibiërs wat by visfabrieke op land in diens is, in die gedrang gebring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie