Choas tydens brand by Reho-hou00ebrskool
Choas tydens brand by Reho-hou00ebrskool

Choas tydens brand by Reho-hoërskool

Volgens die streek se onderwysdirekteur was dit die derde brandvoorval by die skool in vyf jaar.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Niemand is beseer tydens die brand wat Donderdagaand by die Rehoboth Hoërskool uitgebreek het nie, maar chaos het glo geheers terwyl die vuur probeer blus is.

“Na bewering is die vlamme omstreeks 19:30 by die laaste blok van die skool aan die suidelike kant opgemerk. Die blok bestaan uit 'n kombuis, twee klaskamers, toilette en 'n garage wat as stoorkamer gebruik word,” het die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, Vrydag gesê.

“Niemand is tydens die brand beseer nie, maar ernstige skade is aan die eiendom aangerig,” het Shikwambi gesê.

Sy sê die brand is met behulp van die brandweer, gemeenskap en polisie geblus.

Volgens die onderwysdirekteur van die Hardapstreek, mnr. Gerhard Ndabenongo, is dit die derde brandvoorval in vyf jaar by die skool.

“In 2016 het die skool gebrand, asook verlede jaar. Beide brande is deur ’n elektriese kortsluiting veroorsaak,” het hy Vrydag aan Republikein gesê.

Die skool was Vrydag gesluit en hy sou die middag die toneel besoek om die omvang van die skade vas te stel.

OMSTANDERS IS IN DIE PAD

Volgens die brandweerhoof van Rehoboth, mnr. Dirk Cloete, is hulle Donderdag om 20:30 van die voorval ingelig en teen 22:40 was die brand geblus, maar die nooddienste het nog tot middernag op die toneel gewerk.

“Die dorp het net drie brandweermanne en een brandweerwa en die waterdruk was swak. Gelukkig is niemand beseer nie, maar een van die brandweermanne is vir hitte-uitputting behandel.”

Cloete sê die nuuskierige publiek “was in die pad en die feit dat soveel mense nog ná die aandklokreël op die toneel was, is met die polisie bespreek”.

Een van die nooddienswerkers wat gehelp het om die vlamme te blus, beskryf die aand as chaoties.

“Ons het baie probleme gehad, veral met die toevoer van die water, want die waterdruk was baie swak,” het hy gesê.

“Net sodra die vuur halfpad geblus is, vlam dit weer op.”

Hy sê skole is veronderstel om brandpype in elke tweede vertrek te hê.

“Die skooljaart se gras staan so hoog soos ’n bakkie en drie buitebande het ook in die gras gelê wat verwyder moes word. Kan die kinders nie die jaart skoffel nie?” vra hy.

Volgens die nooddienswerker is dieselfde probleme Donderdagaand ondervind as tydens die skool se vorige brandgeval. Hy sê die brand het toe by dieselfde deel van die skool uitgebreek.

“Nóg ’n uitdaging was dat geen ryvoorgang vir nooddienste gegee word nie. Mense in hierdie land is nie bedagsaam teenoor nooddienste nie,” sê die inwoner.

Volgens Cloete het die brand vermoedelik langs die werkswinkel in die dak by die elektriese kabels van ’n lig ontstaan, dus word ’n elektriese kortsluiting weer as oorsaak vermoed.

“Die polisie se forensiese span sal Maandag die volledige forensiese ondersoek doen,” het die brandweerhoof gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.93/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.97% | Zinc US$ 2 904.10/T UP 1.74% | Brent Crude Oil US$ 89.02/BBP UP +0.14% | Platinum US$ 912.78/OZ DOWN -0.0034 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.93/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.97% | Zinc US$ 2 904.10/T UP 1.74% | Brent Crude Oil US$ 89.02/BBP UP +0.14% | Platinum US$ 912.78/OZ DOWN -0.0034