Chinese wil 'hul' medisyne terughê

04 September 2019 | Misdaad
Henriette Lamprecht - ’n Chinese maatskappy het die Teenkorrupsiekommissie (ACC) hof toe gesleep oor ’n vraghouer met meer as N$8 miljoen se medisyne waarop beslag gelê is.

Volgens Lick Hang Engineering is hy die wettige eienaar van die medisyne en is hy nie betrokke by ’n dispuut wat die aanvanklike koper van die medisyne, NM Medical, met plaaslike owerhede het nie.

Ook het NM Medical glo nooit vir die medisyne betaal wat volgens die maatskappy ’n kort rakleeftyd het en in sekere omstandighede gestoor moet word nie. Lick Hang Engineering het intussen ’n nuwe koper buite Namibiese grense gekry wat volgens die maatskappy ook nie onverwyld kan wag om dit in ontvangs te neem nie.

Die maatskappy dagvaar buiten die ACC ook NM Medical, die aanklaer-generaal, die kommissaris van doeane en aksyns, sowel as die Namibiese Medisynebeheerraad.

Lick Hang Engineering het op 25 Mei verlede jaar ’n kooptransaksie met NM Medical aangegaan vir die aankoop van medisyne wat die maatskappy se eiendom sou bly totdat die uitstaande N$8,2 miljoen (US$539,760) betaal is.

Op 30 September verlede jaar het NM Medical egter laat weet hy het om menslikheidsredes aansoek om ’n klaringsertifikaat gedoen om die betrokke medisyne in te voer, maar die sertifikaat is nie uitgereik nie.

NM Medical het Lick Hang Engineering vervolgens ingelig om die medisyne eerder elders buite Namibië of aan ander kliënte in die land af te lewer. In reaksie hierop het Lick Hang Engineering op 3 Oktober 2018 NM Medical skriftelik laat weet die medisyne is steeds sy eiendom en die maatskappy is nie vir verdere verskeping verantwoordelik weens die probleme wat NM Medical ervaar nie.

Die feit dat die medisyne wat vir NM Medical geoormerk was steeds die eiendom van Lick Hang Engineering bly, is ook in Desember verlede jaar deur die maatskappy se prokureur aan die kommissaris van doeane en aksyns bevestig.

Volgens hofstukke het NM Medical met die kommissaris van doeane en aksyns (die vyfde respondent) en die Namibiese Medisynebeheerraad (die sesde respondent) beraadslaag en is dit aan “alles en almal” duidelik gemaak die medisyne behoort steeds aan Lick Hang Engineering omdat NM Medical nie voldoende gelisensieer was nie.

NM Medical sou ook nie probeer om die voorraad in Namibië in te bring tot voldoende goedkeuring van die toepaslike owerhede in Namibië daarvoor gegee is nie. Lick Hang Engineering het gevolglik stappe gedoen om die voorraad na ’n aankoper in Kenia te vervoer.

Lick Hang Engineering het volgens die hofstukke reëlings begin tref om die medisyne van Namibië af na die koper uit te voer ná hy ’n koper vir die hele besending in die eerste week van Augustus gekry het.

’n Stokkie is hiervoor gesteek toe die Teenkorrupsiekommissie (ACC) op 13 Augustus op die houer met medisyne beslag gelê het ná ’n lasbrief om dit te deursoek deur die landdros op Walvisbaai uitgereik is.

Lick Hang Engineering se verweer is dat die lasbrief “wesenlik gebrekkig” is en onder meer nie sê wat die aard van die ACC se ondersoek is nie.

Ook word daar nie gesê wat die “redelike vermoede” was wat tot die lasbrief en die behoefte aan die “deursoek van en beslaglegging op” die vraghouer gelei het nie.

Volgens die hofstukke beweer die verklaring deur die ACC bloot daar is nie aan die openbare verkrygingswet en beleidsrigtings en prosedures voldoen nie.

Bewerings word ook nie gestaaf dat korrupsie plaasgevind het of gaan plaasvind nie.

[email protected]

Soortgelyk

 

Teko-trio vrygespreek

4 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die sakevrou, me. Teckla Lameck, en haar twee vennote, mnre. Yang Fan en Jeroboam (Kongo) Mokaxwa, is vanoggend in die hoërhof in...

Dokters wis nie van voorskrifte

14 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Geen amptelike kennisgewing is aan lede van die twee grootste verenigings vir dokters in die land uitgestuur oor die herske­dulering van medikasie, insluitende...

Regering kry skuld vir SOE-gemors

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting Die regering is 'n swak aandeelhouer.Só het die adjunk- uitvoerende direkteur van staatsdiensondernemings, me. Louise Shixwameni, gister op die ontbytprogram Good Morning Namibia...

Teenstropery: 280 polisielede veg saam

14 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale...

Meer as N$350 000 se goedere kry voete

14 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het skelms Woensdag om 14:00 die venster van 'n voertuig in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied stukkend geslaan. Die insittende...

Weer vir 18 September

14 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Baie warm toestande sal oor die binneland voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Suide, andersins sonnig en baie tot bloedig warm.KUS: Bewolk...

Konferensie fokus op gehalte-onderrig

14 ure gelede | Onderwys

Die Nasionale Raad vir Hoër Onderrig het, in vennootskap met die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie...

'n Kolwyntjie vir Nadine

14 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause'n Elfjarige meisie van Windhoek het verlede jaar tydens die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika stof in ander deelnemers sê oë geskop, en is hard...

Invaluable experience for Alonso at Lichtenburg

14 ure gelede | Motors

Fernando Alonso and Marc Coma completed an eventful but invaluable learning experience at the Lichtenburg 400 in South Africa on Friday and Saturday with Toyota...