Chinese sê ja vir uitvoer van Namibiese vleis
'n Nuwe ooreenkoms is met China gesluit vir die uitvoer van beesvleis nadat 'n knopvelsiekte-uitbreking dit vroeër gepootjie het.
Ronelle Rademeyer - Een van die laaste sake waarna die gewese minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, omgesien het voordat hy na die ministerie van werke en vervoer verskuif het, is die uitvoer van beesvleis na China.
Mutorwa het tydens sy afskeidsgeselligheid verlede week bekend gemaak dat hy ure voor dié geleentheid by Staatshuis was waar China se ambassadeur in Namibië, mnr. Zhang Yiming, hom ingelig het beesvleisuitvoere kan nou plaasvind.
Dit volg skaars 'n maand nadat Mutorwa sy teleurstelling uitgespreek het met die feit dat Namibië steeds nie beesvleis na China kan uitvoer nie hoewel die ooreenkoms hiervoor al drie jaar gelede onderteken is.
Hy het dié opmerking gemaak tydens 'n hoëvlak Chinese afvaardiging se besoek in Januarie aan sy ministerie vir die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding (MOU) oor nouer tegniese samewerking as deel van die Suid-Suid-ooreenkoms tussen China en Namibië.
Knopvelsiekte
“Ons merk met kommer op dat die ooreenkoms vir die uitvoer van beesvleis na China ná byna drie jaar nog nie vrugte afgewerp het nie,” het Mutorwa gesê en bygevoeg die kwessie van knopvelsiekte by beeste bly die groot struikelblok wat hierdie uitvoere verhinder.
Die uitbreking is aangemeld kort nadat Namibië en China die uitvoerooreenkoms onderteken het, wat meegebring het dat geen Namibiese beesvleis tot nou toe daarheen uitgevoer kon word nie.
Yiming het in reaksie hierop gesê 'n nuwe protokol-ooreenkoms vir die uitvoer van beesvleis sal binnekort onderteken word.
Hy het daarop gewys dat dit later ook uitgebrei kan word om vir skaapvleis en die uitvoer van vis voorsiening te maak.
Mutorwa het verlede week gesê dié ooreenkoms is nou 'n werklikheid en die eerste uitvoere sal binnekort plaasvind.
Hy het daarop gewys die enigste uitdaging nou is om genoeg beesvleis vir dié reusemark te produseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie