Chinese oor wildbewaring ingelig
Chinese oor wildbewaring ingelig

Chinese oor wildbewaring ingelig

Twee jong vroue van China House het deur Namibië gereis om hul landgenote oor wildmisdaad in te lig.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Twee jong Chinese vroue het 'n bewusmakingsveldtog oor wildbewaring onder plaaslike Chinese maatskappye van stapel gestuur.

Hulle is mee. Zoe Huang (23) en Amy Tang (21) van die organisasie China House.

“Namibië het die afgelope paar jaar 'n ernstige wildstroperykrisis beleef waartydens Chinese burgers met renosterhorings, ivoor en ander onwettige wildprodukte in hegtenis geneem is," het Huang aan Republikein gesê.

"Wildmisdaad het 'n negatiewe impak op beleggings en op Chinese in Namibië. Ongelukkig word alle Chinese soms oor dieselfde kam geskeer. Nie alle Chinese in Namibië is by wildmisdaad betrokke nie," verduidelik Huang.

Daarom het China House, 'n organisasie wat op die integrasie van Chinese in Afrika fokus, 'n bewusmakingsveldtog oor wildbewaring onder Chinese gemeenskappe en maatskappye in Namibië van stapel gestuur.

"Vir die eerste keer werk Chinese gemeenskappe in Namibië saam om wildbewaringsonderrig te bevorder en die boodskap aan Chinese sakelui oor te dra om 'n positiewe impak op wildbewaring te hê," verduidelik Huang.



Dit is die eerste Chinese bewusmakingsveldtog in Namibië in samewerking met die Chinese ambassade en die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE).

CHINESE MAATSKAPPYE

Huang en Tang is sedert 13 April in Namibië en het al die volgende Chinese maatskappye besoek: China Railway Seventh Group Corporation en China Civil Engineering Construction Corporation in Windhoek, China Jiangsu International Economic and Technical Cooperation Group op Oshakati, Zhongmei Engineering Group op Swakopmund, China Harbour Engineering Company op Walvisbaai, asook Chinese sakelui op Katima Mulilo.

"Ons het wettige en onwettige wildprodukte en gevallestudies met hulle bespreek, en ook dokumentêre wildvideo's aan hulle gewys," sê Huang.

"Ná die Chinese die video's gesien het, wil almal van hulle teen wildstropery veg."

Huang en Tang het veral Namibiese en Chinese wette oor wildbewaring aan die maatskappye verduidelik, asook die regulasies van die Konvensie oor Internasionale Wildhandel in Bedreigde Spesies (Cites).

"Een probleem is dat sommige Chinese die Namibiese wildbewaringswette nie ken nie en nie weet watter wildprodukte wettig of onwettig is nie.

“Onwettige wildprodukte word deur Namibiërs aan Chinese te koop aangebied en sommige Chinese is onder die wanindruk dit kan oulike geskenke of aandenkings vir hul vriende in China wees."

Huang sê die Chinese is nou bewus van watter wildprodukte hulle in hul besit mag hê of mag koop, en watter nie.

ONKUNDE OOR BEWARING

"Chinese dra geen kennis van wildbewaring nie, omdat daar geen wildlewe in China is nie. Ek het byvoorbeeld wilde diere nog net in 'n dieretuin gesien," verduidelik Huang.

"Jongmense moet Chinese se gesindheid oor wildbewaring verander. Ons Chinese jeug is absoluut teen wildstropery en onwettige wildhandel gekant. My jong vriende in China dink nie dit is oulik om ivoorprodukte in hul huise te hê nie."

Huang sê: "Ons probeer wildbewaring deel van Chinese se alledaagse lewe maak. Om Chinese wat kultuurvas is, se ingesteldheid te verander, gaan egter nie oornag gebeur nie."

Huang het Engels aan die Zhong Nan-universiteit van Ekonomie en Regte in Wuhan in die Hubei-provinsie gestudeer en Tang studeer tans joernalistiek aan die Fudan-universiteit in Sjanghai.

Huang het in 2016 met haar internskap by China House in Kenia begin en werk tans voltyds vir dié organisasie. Tang doen tans haar internskap by China House.

Die organisasie se wildbewarings-bewusmakingsveldtog word in die oostelike en suidelike dele van Afrika van stapel gestuur.

Huang en Tang het Vrydag na Kenia vertrek, waarná hulle Zimbabwe sal besoek.



Die stigter van China House, mnr. Hongxiang Huang, is ’n ondersoekbeampte in onwettige ivoorhandel en het ook in die dokumentêre fliek Ivory Game verskyn, wat op die kortlys vir 'n Oscar-toekenning was.

Hy sal die China-Afrika-wildbewaringskonferensie op 8 Junie in Johannesburg toespreek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026