Chinese ‘mafia’ betrokke by wildlewe-misdaad

Georganiseerde misdaadgroepe is glo aan die voorpunt van ongekende vernietiging van wildlewe en die omgewing in Namibië.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Die ongekende toename in Chinese immigrante in Namibië het die afgelope paar jaar gepaardgegaan met elemente van Chinese georganiseerde misdaad, sê privaat ondersoeker, mnr. Andrew Fordred.

Dit sluit in triades wat met Namibiese misdaadsindikate heul.

Fordred sê hierdie Chinese misdadigers is deel van ou en goed georganiseerde misdaadgroepe met “vurige interne dissipline”.

Baie van hierdie immigrante rig “China towns” op waar hulle ook al gaan.

Dit gee dikwels aanleiding tot onwettige aktiwiteite soos die smokkel van nagemaakte handelsmerke.

Volgens Fordred behels die groepe se natuurlike ontwikkeling dan toenemende betrokkenheid by dwelmsmokkelary, buitelandse valuta-oortredings, prostitusie en wildlewe-misdade.

’n Triade is een van verskeie takke van internasionaal georganiseerde sindikate wat gewoonlik in China gebaseer is.

Minstens vier triades werk in ’n aantal Afrika-lande wat Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Kenia, Zimbabwe en Zambië insluit.

Dit is die Wo Shing Wo-groep, die San Yee-groep, die 14K-Hao-groep en die 14K-Ngai-groep.

Die 14K-triade is een van die magtigste misdaadorganisasies in China en in die wêreld, het Fordred gesê.

Chinese groepe het onlangs meer prominent in Botswana geword.

Die Direktoraat van Intelligensie en Veiligheidsdienste (DISS), sowel as arbeids- en immigrasiedepartemente in Botswana het “ideale teikens” geword vir ’n “Chinese mafia"-oorname.

Die Direktoraat van Korrupsie en Ekonomiese Misdaad (DCEC), die Finansiële Intelligensie-agentskap (FIA) en Botswana se inkomstediens (BURS) het onlangs op inligting afgekom wat daarop dui dat ’n presidensiële kandidaat van Botswana se Demokratiese Party (BDP) deur ’n belegger geborg word wat met die sogenaamde Chinese mafia verbind is.

’n Ondersoek na geldwassery deur FIA en DCEC het onthul dié Chinese belegger het meer as 45 miljoen pula in kontant binne sowat 24 maande van Botswana na China oorgedra.

In ’n dokument getiteld “Chinese georganiseerde misdaad en Afrika” het dr. Gary K. Busch ’n skakel tussen Chinese georganiseerde misdaadstrukture en Afrika-state geïdentifiseer.

“Die samewerking tussen die triades en die Chinese militêre maatskappye maak dit makliker om die politieke aspekte van Chinese belegging te verdoesel. Die triades kan baie geld op hul eie maak en doen dit ook,” het Busch geskryf.

Volgens hom is sulke misdadige entiteite aktief in feitlik elke Afrikastaat - veral waar daar ’n kus en mynbedrywighede is.

Mnr. Willem Odendaal, koördineerder van die Grond-, Omgewings- en Ontwikkelingsprojek (LEAD) van die regshulpsentrum (LAC), het gesê in Desember 2012 is die eerste renoster in die Palmwag-omgewing gestroop.

“Dit was die begin van ons probleme," het Odendaal gesê.

Sedert 2013-'14 het renoster-, olifant- en ietermagôstropery toegeneem en dit gaan onverpoos voort.

VLAKKE VAN STROPERY

Fordred het gesê plaaslike sindikate is kop in een mus met Chinese misdaadreuse.

Tussen 2012 en 2015 is sewe Chinese burgers en 103 Namibiërs in verband met widlewe-misdade in hegtenis geneem.

Dit het veroorsaak dat die Chinese ambassade in Namibië gevoel het die openbare verontwaardiging oor Chinese betrokkenheid by sulke misdade is grotendeels ongegrond.

Die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) het egter daarop gewys dat plaaslike inwoners gewoonlik betrokke is by Vlak 1- en Vlak 2-stropery met min internasionale hulpbronne, toegang of kontakte.

Vlak 1-stropery behels stropery vir bestaansdoeleindes, Vlak 2 is vir kommersiële gewin en Vlak 3 behels sindikate en georganiseerde misdaad wat op internasionale vlak bestuur word.

Die Chinese is gewoonlik by Vlak 3-stropery betrokke.

Die sindikate werf groot netwerke bestaande uit meestal plaaslike inwoners om die stroopwerk te doen.

Die Namibiese Kamer van die Omgewing het verlede jaar in ’n sterk bewoorde brief geëis dat die Chinese ambassade ’n einde aan wildlewe-misdaad maak.

Die Kamer het aangevoer die ambassade is verantwoordelik vir die optrede van sy burgers omdat Chinese burgers nie onafhanklik kan reis nie.

Bewaringsorganisasies het gesê die verliese van Namibië se wild- en ekosisteme aan die hand van Chinese burgers beloop sowat N$811 miljoen.

PLAASLIKE ROLSPELERS

Plaaslike misdaadsindikate wat tot dusver geïdentifiseer is, sluit dr. Gerson Kandjii en sy medepligtiges in.

Hulle is al herhaaldelik gearresteer en vrygelaat op stroperyklagte.

Dié groep is in November 2014 in hegtenis geneem vir die stroping van vier renosters in die Etosha Nasionale Park, maar is toe vasgetrek vir die moord op die Duitse nyweraar, mnr. Reinhard Schmidt, in die Kalkrand-omgewing.

In sekere kringe is gefluister Schmidt se moord was gekoppel aan sy planne om renosters na sy jagplaas in die Omamas-distrik te bring.

Sy moord het ongeveer twee maande voor die eerste renoster daar afgelewer moes word, plaasgevind.

Dit het tot spekulasie gelei van sameswering met amptenare in die ministerie van die omgewing en toerisme omdat Schmidt toestemming van die ministerie moes verkry om die renoster op die jagplaas te ontvang.

Die Etosha-inhegtenisnemings het ook gelei tot die inhegtenisname van mnr. Pinehas Auene, adjunkdirekteur van mariene besoedelingsbeheer in die direktoraat van maritieme sake.

Hy is op borgtog van N$35 000 vrygelaat.

Mnr. Fillemon Magongo Ilende, ’n polisiekonstabel gekoppel aan ’n ander geval van stropery is ook in hegtenis geneem en later vrygelaat op borgtog van N$25 000.

Die “Karibib-bende”, wat rondom 2010 aktief was, sluit in mnre. Beatus Emvula, Absalom Fillemon, Thomas Iyambo, Jacob Jacobine, Joe Amvula, Otillia Sheehama, Paulus Amakali en Thomas Xoagub.

Fillemon is ’n maand gelede vir renosterstropery in hegtenis geneem en het in die landdroshof op Omaruru verskyn.

Fordred het gesê die groep rondom mnr. Festus Mazuva, ’n werknemer by Nored, het hul taktiek verander in ’n poging om by Vlak 3-stropery betrokke te raak deur direk te probeer om in Mei 2016 renosterhorings in Zambië te verkoop.

Dit het tot die inhegtenisname van mnr. Nefuma Stefanus gelei saam met drie Zambiërs, waarvan twee lugmagbeamptes is.

Mazuva, mnre. Eben Levi en Tuakutuakumue Mupiam is ook in hegtenis geneem en is borgtog in Namibië geweier.

In 2013 het Levi egter presidensiële kwytskelding gekry.

’n Persoon, slegs bekend as Ulemo, is steeds op vrye voet. Dié persoon is na bewering ’n verpleegster by die staatshospitaal op Rundu.

CHINESE SLEUTELFIGURE

Die bekendste wildmisdadigers sluit in die Chinese burger Xuecheng Hou (41), ook bekend as Jose.

Sy maatskappy, New Force Logistics, is tans betrokke by houtkappery by Katima Farm en die Caprivi-staatsbos.

Fordred sê Hou is ’n "hoofkoper" van Afrika-rooshout wat sedert Februarie by die Katima Farm deur sy maatskappy afgekap is.

Hou is agt keer tussen 2004 en 2014 in Namibië in hegtenis geneem in verband met diefstal- en wildlewe-misdaad, hoewel hy nooit verhoor is vir enige van die 2010-sake nie.

Hy is op borgtog van N$100 000 vrygelaat.

’n Suksesvolle ondersoek na georganiseerde wildmisdaad het tot die inhegtenisneming van Hui Wang, Li Xiaoling, Li Zhibing en Pu Xuexin gelei, wat nou 14 jaar se tronkstraf uitdien.

Hiermee saam, het Fordred gesê, is mnr. Stefan Geng in hegtenis geneem, wat na bewering vir die vier se akkommodasie betaal het uit dobbelwinste.

Geng is Zhi Geng se broer, wat vir die beweerde smokkel van renosterhoring en perlemoen aangekeer is. Sy medebeskuldigde is James Barron Wallace, wat na bewering ook onwettig in die besit van perlemoen was.

Fordred het ook gesê daar is bewyse van ’n mate van betrokkenheid van Pakistanse en Indiese burgers.


Hierdie berig is op 16 Augustus 2017 gewysig om die foutiewe verwysing reg te stel dat James Barron Wallace van die onwettige besit van renosterhoring aangekla is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026