Chinese bouverslag in die spervuur
Chinese bouverslag in die spervuur

Chinese bouverslag in die spervuur

Die Namibia Fact Check (NFC)-projek kom tot die gevolg­trekking dat die Erfenisstigting se verslag op plekke “kortsigtig en vol foute” is.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith



'n Konserwatiewe Amerikaanse verslag wat Na­mi­bië as die land met die meeste Chinese re­geringsgeboue in Afrika aangewys het, is deur 'n Namibiese feitekontroleprojek as misleidend en gebrekkig beskryf.

Die verslag getiteld ­“Government buildings in Africa are a likely vector for Chinese spying” is op 20 Mei deur die Amerikaanse Erfenisstigting uitgereik. Hiervolgens is 25 van Namibië se regeringsgeboue deur Chinese konstruksiemaatskappye opgerig, die hoogste getal in Afrika.

Die verslag waarsku Chinese maatskappye kan hierdie geboue vir spioe­nasie in Afrika gebruik.

Volgens die verslag is Angola tweede op die lys met 15 regeringsgeboue wat deur Chinese firmas opgerig is, terwyl 11 sulke geboue elk in Ekwato­riaal-Guinee, Ghana en Uganda opgerig is.

Die Namibia Fact Check (NFC)-projek wys daarop dat hoewel die Erfenisstigting se verslag sorg vir “boeiende leesstof met oortuigende argumente, is daar beduidende data- en inligtinggapings en gehalteprobleme wat die boodskap ondermyn”.

Hoewel die NFC nie direk die spioenasiewaarskuwings in die verslag aanspreek nie, waarsku hulle die foute daarin werp 'n skadu van twyfel oor die akkuraatheid van die verslag.

Hulle beskryf dit as 'n “hoogs ­bespiegelende verslag wat versigtig benader en aangehaal moet word”.

Die NFC kom tot die gevolgtrekking dat die verslag op plekke “kortsigtig en vol foute” is.

Verder blyk daar 'n beduidende ondertelling in die aantal Chinees-­geboude regeringsgeboue in Afrika en Namibië te wees, en van die inligting is “bloot onakkuraat”.

Die feitekontrolebeamp­tes het “ernstige gapings in die data en inligting” ontdek deur bloot die ­Namibiese data in die verslag na te gaan.

Die NFC beskryf dié ­stigting as 'n “deel van die Amerikaanse ­Republikeinse politiek wat die ideale van die Amerikaanse Trump-­administrasie sterk ondersteun en beïnvloed.”

Die stigting het boonop 'n kardinale rol in die ­oprigting van binne­landse en buitelandse beleide onder president Donald Trump gespeel.

“Hierdie verslag blyk ter ondersteuning te wees van die ­Trump-administrasie se pogings om China op die wêreldtoneel in toom te hou namate die verhouding tussen die twee lande agteruitgaan te midde van ineenstortende bilaterale handels­bande en 'n blaamspel oor die Covid-19-pandemie.”



MAKLIKE TOEGANG

Die verslag is geskoei op die waarskuwing dat Chinese ondernemings wettiglik verplig is om die Chinese Kommunistiese Party (CCP) te help om intelligensie oraloor die wêreld in te samel, en die CCP se “twee dekade lange betrokkenheid in Afrika het dit ­waar­skynlik toegelaat en uitgebrei”.

Deur uitgebreide bouprojekte en opknappings­projekte in Afrika is toegang tot inligting in minstens 186 regeringsgeboue vergemaklik, lui een van die sleutelgevolgtrekkings in die verslag.

Behalwe vir die geboue, waarsku die verslag ook teen die probleem wat Amerikaanse intelligensie tans in die gesig staar – dat meer as 70% van die 4G-telekommuni­kasienetwerke in Afrika deur Huawei gebou is, en dat Huawei nou voortgaan met uitgebreide planne om 5G-netwerke in Afrika, ook in Namibië, op te rig.

Een van die onakkuraat­hede in die verslag is die waarskynlike ondertelling van Chinese geboue, nie net in Namibië nie, maar oor die hele vasteland.

“Aansienlik meer Namibiese regeringsgeboue as die 25 wat in die verslag gelys is, is deur Chinese maatskappye opgerig,” het die beamptes bevind.

Namibiërs het ook op aanlyn platforms daarop gewys, wat tot vrae oor die aantal Chinese regeringsgeboue in Afrika gelei het.

Die data in die verslag is in sekere gevalle ongetwyfeld onwaar, byvoorbeeld die insluiting van die ­Swapo-party se hoofkwartier as 'n regeringsgebou.

Die verslag reken Nami­bië is waarskynlik gelys as die land met die meeste ­Chinees-geboude regeringsgeboue as gevolg van aanlyn data, in ver­gelyking met ander lande waar data minder ­toeganklik is.

Volgens die data wat deur die ­China-Africa ­Research Initiative (Cari) gepubliseer is by die Johns Hopkins School of Advanced International Studies, is Namibië ver onder ander Afrikalande in terme van konstruksieverwante inkomste van Chinese maatskappye.

Die Cari-verslag het bevind in 2018 het die bruto jaarlikse ­inkomste van Chinese onder­nemings se ingenieurs- en konstruksieprojekte in Afrika US$48,84 miljard beloop.

Hiervolgens is die top­vyflande in Afrika, in terme van Chinese ingenieurs- en bouprojekte, Algerië, Angola, Kenia, Nigerië en Ethiopië.

Sedert die bekendstelling van die verslag het Namibiërs hul menings op sosiale media gelug.

Die skynbare vooroordeel van die ­Namibiese regering in terme van die ­indiensneming van Chinese ondernemings of gesamentlike ­projekte met dié ondernemings vir konstruksiewerk, tot nadeel van plaaslike maatskappye, het onder kritiek deurgeloop.

Onder die 25 geboue wat in die Erfenisstigting se verslag gelys word, tel die hoofkantoor van die ­­ouditeur-generaal, die ­direktoraat vir burgerlugvaart se gebou, verskeie stads- en streekraadsgeboue, ondernemingsgeboue in staatsbesit en landdrosgeboue.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.71/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.72/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 932.63/OZ DOWN -0.0038 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.71/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.72/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 932.63/OZ DOWN -0.0038