Chinese ambassadeur slaan vure dood ná moord

23 April 2019 | Misdaad
Francoise Steynberg - Die Chinese ambassadeur in Namibië, mnr. Zhang Yiming, het sy skok uitgespreek oor die moord op 'n Namibiese man in die Andara-nedersetting Woensdag, waarin twee Chinese burgers die verdagtes is.

Dit volg nadat mnr. Andreas Hausiku (32) van Divundu in die Kavango-Oosstreek Woensdag na bewering deur sy 31-jarige Chinese werknemer doodgeskiet is.

Die Namibiese polisie se waarnemende koördineerder vir misdaadondersoeke in die streek, hoofinsp. Melanie Mburu, het Donderdag aan Nampa gesê die polisie soek ook na die sakeman se Chinese medepligtige.

Hausiku was ‘n voormalige werker van die verdagte en was glo by die sakeperseel van die Chinees op Andara om oor sy finale betaling navraag te doen.

“Volgens inligting wat van die ondersoekbeamptes ontvang is, het die salarisgeskil in ‘n onderonsie ontaard en die verdagte is oorval,” het Mburu gesê.

Die verdagte het na bewering sy medepligtige van Divundu gebel en hy het glo met die handwapen opgedaag waarmee Hausiku geskiet is.

Die verdagte is in polisieaanhouding by die Divundu-polisiekantoor en sal vandag in die Rundu-landdroshof verskyn.

Intussen het die die Chinese ambassade 'n span konsulêre amptenare Donderdag afgevaardig om die saak met die polisie in die Kavango-Oosstreek te bespreek en simpatie met die familie van die slagoffer te betoon, het Zhang op sy Facebook-blad geskryf.

"Die amptenare het ook die families van die Chinese burgers betrokke in die saak aangemoedig om hulp met die begrafnisreëlings volgens plaaslike gebruike te verleen," het Zhang geskryf.

Hy sê die amptenare het ook met Chinese sakelui vergader en hulle versoek om Namibiese wette streng te gehoorsaam.

"Ek het ook Vrydag met die lede van die Chinese sakekamer en besighede vergader, en alle Chinese burgers in Namibië versoek om Namibiese wette streng te volg."

Zhang het gesê "ek is diep geskok oor die tragedie en voel net so seergemaak soos my Namibiese broers en susters".

Hy het sy simpatie met die bedroefde familie van die slagoffer uitgespreek en gesê "ek glo die saak sal regverdig en deeglik deur die polisie ingevolge die wet hanteer word".

Soortgelyk

 

Lodge, besigheid beroof – sewe vas

4 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Sewe verdagtes was gister reeds agter tralies nadat hulle by twee verskillende inbrake in die Omahekestreek betrokke was. Een van die inbrake...

Tolpaaie dalk op pad

4 ure gelede | Vervoer

font face="Verdana" >Catherine Sasman - Die Padfondsadministrasie (RFA) beoog om die lewensvatbaarheid van tolpaaie in Namibië te ondersoek.Dít as ’n moontlike bykomende bron...

Grondwet praat jou taal

4 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Dit is belangrik dat die oppergesag van die land, die Grondwet, toeganklik is vir Jan en San Alleman.Alle wette in Namibië is...

Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld

4 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman – Volgens NamPost is die agterstand in die aflewering van pos en pakkies nie sy skuld nie, maar wel die Suid-Afrikaanse Internasionale possentrum...

Weer vir 9 Augustus

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide, maar baie tot bloedig warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle in...

Nou aan die gang

4 ure gelede | Kuns en vermaak

» Vanaand is die immergewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika se produkte. Dié mark...

Klei en keramiek by negende biënnale

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se 9de Keramiek Biënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied sal word. Die geleentheid is die...

N$150 miljoen vir landskapbestuur

4 ure gelede | Ministeries

Die ministerie van die omgewing en toerisme en die Nasionale Beplanningskommissie van Namibië het Woensdag ’n ooreenkoms met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) onderteken,...

Boere kan doen met ‘n miljoen

4 ure gelede | Omgewing

Engen het gister N$1 miljoen aan die Dare to Care-droogtehulpfonds oorhandig.Dit ná sy eerste skenking van N$850 000 op Vrydag 12 Julie. Die oliemaatskappy het...