Chinees ontplooi noodvalskerm te laat

Ongeluksverslag uitgereik

30 July 2020 | Ongelukke
Francoise Steynberg – Die Chinese vrou wat op 17 November verlede jaar by die Swakopmund-valskermklub tydens haar 12de valskermsprong doodgeval het, het haar noodvalskerm te laat probeer oopmaak.

Volgens die amptelike ongeluksverslag van kapt. Oskar Plichta van die direktoraat vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, wou me. Lei Ran (33) as deel van haar internasionale opleiding as ‘n vryval-valskermspringer kwalifiseer.

“In stryd met spesifieke instruksies is die noodvalskerm eers op ’n hoogte van 400 voet oopgemaak. ’n Noodvalskerm moet op ‘n hoogte van minimum 3 000 voet oopgemaak word om ten volle te ontplooi,” lui die verslag.

“Geen antwoord kon gevind word oor hoe die student die toerusting tydens die sprong hanteer het nie.”

Volgens die verslag het die vliegtuig op dié Sondag om 14:40 in mooi weer en ligte wind tot 10 000 voet hoog gevlieg en die valskermspringers het uitgespring.

Lei was deel van ‘n toeristegroep en is deur ‘n Franse instrukteur vergesel wat ‘n video van haar sprong geneem het. Die video-opname is vir die ondersoek beskikbaar gestel.

“Die student het haar hoofvalskerm op 5 000 voet volgens instruksie van haar instrukteur oopgemaak. Die toue het gedraai, maar sy kon dit herstel en haar valskerm het daarna normaal gevlieg.”

Lei se instrukteur het volgens die verslag sig van haar verloor toe hy sy eie valskerm oopgemaak het om te gaan land.

“‘n Veiligheidsbeampte op die grond het gesien hoe die student op ’n hoogte van 400 voet ’n wegsny-aksie van haar hoofvalskerm gedoen het in ’n poging om die noodvalskerm oop te maak,” lui die verslag.

“Die hoofvalskerm het slegs aan die regterskouerband van die harnas losgekom, terwyl die noodvalskerm in die hoofvalskerm se toue verstrengel geraak het.”

Weens die lae hoogte van 400 voet het Lei se noodvalskerm dus nie oopgemaak nie. Sy het teen ‘n hoë spoed geval en is weens die hoë impak met die grond noodlottig beseer.

Volgens die verslag was nooddienspersoneel op die toneel wat Lei probeer bybring het, maar sy is deur ’n dokter wat by die valskermklub was, dood verklaar.

“Weens die hoë impak kon die ongeluk nie oorleef word nie. Dit was ’n direkte gevolg van die hoofvalskerm wat tydens vlug nie oop was nie.”

Geen abnormaliteite is met die valskermtoerusting gevind nie en alle moontlike abnormale werking is uitgesluit.

Die instrukteur het ’n geskikte lisensie om valskermopleiding in Namibië te gee.

‘n Onafhanklike Namibiese valskermkundige, mnr. Avelino Ferreira, het ook met die ondersoek gehelp.

Die grondinspeksie van die toerusting is in samewerking met ondersoekbeamptes van die Namibiese polisie op Swakopmund gedoen.
- [email protected]

Soortgelyk

 

Mbumba: Duitsland bied te min aan

7 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Visepresident Nangolo Mbumba het Vrydag gesê hoewel die tafel gedek is om die Duitsland-Namibië-volksmoordooreenkoms in die parlement te onderteken, is hy nie...

Nuwe Mej. Namibië gekroon

7 ure gelede | Mense

Die 25-jarige Chelsi Shikongo is Saterdag as die nuwe Mej. Namibië gekroon. Die jong Walvisbaaier werk die afgelope vier jaar as ’n internasionale model. Haar...

‘Gemeenskap vat nie verantwoordelikheid’

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – “Ek het net sewe beddens vir Covid-pasiënte beskikbaar; van ons 19 Covid-pasiënte lê reeds noodgedwonge op trollies in die gang met ’n...

Nuwe kruin op horison

7 ure gelede | Gesondheid

Hoofredaksie – Namibië se gemiddeld van nuwe gevalle van Covid-19 het Vrydag die piek van die tweede golf van die pandemie verbygesteek.Met die 480 nuwe...

Weer vir 7 Junie 2021

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Nat, winderige en koue toestande word van vanaand af oor die suidelike dele verwag. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Gedeetelik bewolk en koud tot warm, met...

Doelwit is 60% teen Januarie

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Met Namibië wat in Maart sy eerste dosisse Covid-19-entstowwe ontvang het, is die beplanning dat, afhangend van wanneer die volgende entstof in...

Palliatiewe sorg vir kankerpasiënte uitgebrei

7 ure gelede | Gesondheid

Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het 'n beroep op geskikte gekwalifiseerde en opgeleide geregistreerde verpleegsters met ondervinding in palliatiewe sorg in alle streke van die...

Vissers misnoeg oor ‘misverstande’

7 ure gelede | Landbou

Leandrea Louw op Walvisbaai – Cavema Fishing het aantygings wat teen hulle gemaak is as “misverstande” uitgemaak nadat byna 700 vissermanne onder die vaandel van...

Reparasies: 'n Blik op die ooreenkoms

7 ure gelede | Regering

Toivo NdjebelaSewe Namibiese streke – Erongo, Hardap, ||Kharas, Khomas, Kunene, Omaheke en Otjozon­djupa – is uitsluitlik geïdentifiseer vir unieke ondersteuningsprogramme vir heropbou en ontwikkeling as...