China: Oorlog oor handel by gevaarlike punt

President wil 'sterk en taai' lyk

10 May 2019 | Ekonomie
William Horne



China is vol vertroue dat hy steeds teen Vrydag, of kort daarna, 'n handelsooreenkoms met die “rasioneel waansinnige” pres. Donald Trump van die VSA sal kan sluit ten spyte van 'n volskaalse handelsoorlog wat dreig.

So meen Li Daokui, 'n voormalige adviseur van China se sentrale bank, wat glo dat albei lande se behoefte aan 'n ooreenkoms meer gewig dra as die heersende retoriek.

“Pres. Trump blyk waansinnig te wees, maar ek verkies om hom '­rasioneel waansinnig' te noem – hy wil 'n beter ooreenkoms vir die VSA opdwing,” het Li Woensdag in Beijing aan Bloomberg gesê.

Hy is nou verbonde aan die Tsinghua-Universiteit.

“Die twee kante is uiteindelik tog rasioneel.”

Trump het Sondag getwiet dat hy beoog om Vrydagoggend om 12:01 tariewe op sowat US$200 miljard dollar se Chinese goedere van 10% tot 25% te verhoog. Dié eskalasie van die handelstwis, sê Trump, is omdat hy glo China is besig om sy beloftes te verbreek.

Volgens die jongste gerugte wil China steeds Donderdag 'n afvaardiging na die VSA stuur vir wat veronderstel was om die afronding van maande se onderhandelings oor die twee lande se handelsverhouding te wees, maar CNBC berig dat 'n ­volskaalse handelsoorlog nou baie waarskynlik begin raak.

“Maak jou gordel vas en moenie jou asem ophou nie,” het Bank of America Maandag geskryf.

“Die jongste ­eskalasie van die ­handelsoorlog is totaal onverwags, ten spyte van die sterkte van die ­ekonomie en die markte.”

Aandelemarkte het ook wêreldwyd begin paniek wys. Die groot tegnologiereuse in die VSA het gemiddeld met 5% gesak.

The Guardian berig dat Trump se twiets dalk dui op die moontlikheid dat onderhandelinge tot 'n stilstand gekom het, maar hy probeer waar­skynlik om sy onderhandeling­strategie te wysig vir 'n beter uitkoms.

Trump wil “sterk en taai voor ­Amerikaanse politieke belanghebben­des lyk, maar op stuk van sake wil altwee kante steeds 'n ooreenkoms hê,” sê Li.

Trump is welbekend vir sy geneigdheid om mettertyd sy retoriek toe te laat neem soos onderhandelinge voortduur, en hy het al self gesê dis hoe hy, gepaard met dreigemente van tariewe, nuwe ooreenkomste bereik, berig The Guardian.

Die jongste dreigement kan dalk ­addisionele toegewings uit die Chinese verseker, maar die risiko het beduidend toegeneem.

Hoewel China bereid is om toe­gewings te maak op 90% of meer van wat die VSA eis in pas met China se ekonomiese hervormings, moet die taalgebruik China se waardigheid ­onaangetas laat, sê Li.

“China wil nie as 'n slagoffer van die VSA se geboelie gesien word nie,” sê Li.

– Netwerk24/Bloomberg/The Guardian

Soortgelyk

 

||Kharas gaan bibber

6 ure gelede | Omgewing

Die Namibiese weerkantoor voorspel reënbuie asook winderige toestande vir Namibië se verre Suide, terwyl dit teen Woensdag “baie koud” op plekke in die ||Kharasstreek kan...

Burgstraat na wyle dr. Theo-Ben Gurirab vernoem

7 ure gelede | Plaaslik

Burgstraat in Windhoek staan sedert Sondag as dr. Theo-Ben Gurirab bekend. Volgens die hoofstad se burgemeester, mnr. Muesee Kasapua het die stadsvaders ‘n herbenamingsbeleid aanvaar...

Regering laat val nuwe 2%-bom

21 ure gelede | Regering

Denver KistingNamibiërs vaar opnuut uit alle oorde uit teen die regering se versoek om finansiële hulp.Dit het die afgelope Vrydag rugbaar geword die regering wil...

Evangelis pleit bloed oor Namibië

21 ure gelede | Plaaslik

Denver KistingDit is weens die juk van sonde dat Namibië stoei met dwelms, passiemoorde, alkoholmisbruik en selfs uitdagings in die onderwyssektor beleef.So sê die Ghanese...

'Vriende van Katrina' staan bakhand

21 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting - Om by te dra tot Katrina Hanse-Himarwa se regskoste en ander uitgawes, is niks anders as om korrupsie te steun nie. Dít was gister die mening...

Kombat-kwessie sloer

21 ure gelede | Byvoegsels

Augetto Graig - “Hulle sê daar is ? eienaar van Kombat, maar hy doen niks oor ons probleme nie. “Niks word op Kombat onderhou nie....

Toeristetoring

21 ure gelede | Byvoegsels

Die ikoniese De Wet-skag, hysbakkamer en ystertoring wat jare lank ‘n baken op Tsumeb is, gaan dalk in ‘n toeriste-trekpleister omskep word. Lees die berig...

Weer, Maandag 22 Julie 2019

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle.GETYE BY WALVISBAAI: H: 06:26 L: 12:19 H: 18:56WINDHOEK06°26°RUNDU09°27°OSHAKATI12°29°GOBABIS06°26°MARIENTAL08°25°KEETMANSHOOP10°24°WALVISBAAI09°24°LUANDA19°26°JOHANNESBURG04°16°KAAPSTAD10°19°

Riruako se grafsteen onthul

21 ure gelede | Plaaslik

Opperhoof Vekuii Rukoro van die Ovaherero’s het gister tydens die jaarlikse herdenking van Rooivlagdag die grafsteen van sy voorganger, opperhoof Kuaima Riruako, op Okahandja onthul....