China gaan groeipunt vir vleisproduksie wees
China gaan groeipunt vir vleisproduksie wees

China gaan groeipunt vir vleisproduksie wees

Verslag wys Amerikaanse verbruik gaan styg
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Die lewendehawebedryf is vir sy groei van baie faktore afhanklik. Uiteraard speel die vraag na die eindproduk ’n baie belangrike rol, maar fisieke produksie-omstandighede is ook van uiterste belang.

Te dikwels vergeet die verbruiker wat dit behels om vleis op ‘n gereelde grondslag beskikbaar te hê. Behalwe vir die impak van periodieke droogtes en ander natuurgebeure, moet daar ook rekening gehou word met ander verwikkelings.

Die vraag na diere op plaasvlak is ‘n afgeleide van wat die verbruiker wil hê en waarvoor betaal kan word. Veranderings wat dié vraag beïnvloed, is weer die gevolg van faktore soos die stand van die ekonomie, besteebare inkomste, leefstyl, ensovoorts.

Hierdie veranderings manifesteer gewoonlik in duidelike siklusse en daarteenoor is daar ook biologiese siklusse van droogtes en nat seisoene. Gewoonlik is hierdie verwikkelings, ekstern tot die plaas se bestuursvaardighede, ongelyk. ‘n Droogte kan produksie inkort te midde van ‘n groeiende fase van die sakesiklus. Dit beteken dat groei in vraag, invoere kan stimuleer terwyl binnelandse aanbod ontoereikend is.

Pryse kan binnelands toeneem en dit versterk vertroue in die vleisbedryf en boere belê deur kuddes uit te brei. Sigbare tekens van so ‘n opswaai is die stygende pryse vir aanteel diere, veral bulle.

Daarmee saam bereik minder teeldiere die mark en slagtings van vroulike diere daal proporsioneel meer – die sogenaamde kuddebou-fase van ‘n siklus.

Ongelukkig en vanweë die biologiese aard van produksie, is dit nie moontlik om onmiddellik te reageer op stygende pryse nie, want hernude vertroue neem tyd om die nodige aksie te ontlok en dit neem tyd om ‘n verkoopbare produk soos ‘n speenkalf of speenlam markgereed te hê.

Terwyl boere besig is om kuddes te bou, kan die fisieke omstandighede verander en dit kan die produksiestrategie omkrap. Die stel omstandighede, beide op produksievlak en aan die vraagkant, kan dus verander vanaf die besluit geneem is om meer te produseer totdat dié besluit realiseer.

Binnelandse vraag en aanbod is ook toenemend ‘n funksie van wat in die wêreld gebeur.

In die jongste vooruitskatting van die Voedsel- en Landbou-organisasie (OECD-FAO Agricultural Outlook 2019-2028) oor die verwagte verloop van landbou die volgende 10 jaar, word gewag gemaak van die omvang en impak van dié veranderings wat die verloop van sake, veral in die vleisbedryf, kan beïnvloed. Die grootste groei in die produksie van vleis sal na verwagting in China plaasvind, maar met die uitbreek van varkpes kan daar betekenisvolle vraagverskuiwings plaasvind met hoender as die vernaamste proteïen. Noord-Amerika sal na verwagting steeds die groei in per kapita-verbruik domineer, gevolg deur ander ontwikkelde lande.

Ontwikkelende lande se per kapita-verbruik kan min groei, maar die groeiende aantal monde wat moet en kan eet, sal betekenisvolle groei in aanbod noodsaak. Hierdie groei sal deur middel van invoere bevredig moet word en in hierdie verband sal die Amerikas – noord en suid – steeds domineer, met soveel as 43% van globale uitvoere uit daardie gebiede. Asië sal na verwagting tot 56% van handel in vleis en vleisprodukte opneem.

Die gesondheidstatus van die bedryf is en bly ‘n bepalende faktor in terme van die vraag na vleis en vleisprodukte. Lande wat vleisuitvoere domineer (soos Australië) sukkel as gevolg van natuurrampe. Veranderde verbruikersvoorkeure soos verminderde per kapita-verbruik van vleis in ontwikkelde lande, waaronder die Verenigde Koninkryk en ‘n groter vraag na toegevoegde dienste (waar die produk verwerk word), is van belang.

Kommer bestaan ook oor die impak van veranderde uitkomste van bilaterale handelsooreenkomste en/of die opskorting daarvan.

Vraag en aanbod bepaal gewoonlik pryse, maar daar is hewige verskille oor die omvang van storting uit lande waar produsente gesubsidieer word. Hierdie produkte verwring binnelandse markte en beleidmakers moet balans vind tussen te goedkoop invoere en binnelandse produkte wat te duur is. Goedkoper invoere maak kos meer bekostigbaar, maar indien dit binnelandse vraag en aanbod versteur en produksie versteur, moet dit reggestel word. Volgens die FAO sal sulke konflikte net deur middel van behoorlike onderhandeling opgelos word.

Internasionale pryse is belangrik, veral waar invoere binnelandse tekorte moet aanvul. Dit is ook belangrik vir uitvoergeleide herstel tydens ‘n kuddebou-fase.

Volgens die FAO sal hoër pryse nie maklik die pas kan aangee in terme van ekonomiese herstel nie. Volhoubaarheid sal eerder deur produktiwiteitsverbetering herstel word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.26/BBP DOWN -0.0435 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.26/BBP DOWN -0.0435 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27%