Checkers vat klante by Woolies en kie
Checkers vat klante by Woolies en kie

Checkers vat klante by Woolies en kie

Verkope by ’n kleinhandelaar, wat deel van die Shoprite-stal is, het in die halfjaar tot einde Desember skerp met 11% tot R23,4 miljard gestyg
Nellie Brand-Jonker - Verkope by Checkers, deel van die Shoprite-stal, het in die halfjaar tot einde Desember skerp met 11% tot R23,4 miljard gestyg in ’n mark waar ander kleinhandelaars se verkope met enkelsyfers groei.

Checkers se verkope het vergeleke met die ooreenstemmende halfjaar met R2,3 miljard verhoog in ’n mark waar sy grootste mededingers Woolworths en Pick n Pay is.

“Ons groep se strategie om ’n groter deel van die premie-voedselkleinhandelsmark in die land te kry, bly ’n aspek wat ons groei aandryf. Dit kan veral gesien word in Checkers, wie se verkope met 11% gestyg het,” het Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof van die Shoprite-groep, gesê.

“Dit was ’n opwindende ses maande vir Checkers, met belangrike mylpale wat bereik is om ons groeistrategie op lang termyn te steun.”

Dit sluit in die Xtra Savings-beloningsprogram, wat in Oktober bekend gestel is en waarby 3,8 miljoen klante aangesluit het.

Checkers het einde Desember 233 gewone winkels en 37 Checkers Hyper-winkels in die land gehad.

“Checkers se strategie om sy aandeel van die besteding van die middel tot die boonste deel van die mark te vergroot, steun die winkelketting se groei.”

Engelbrecht het gesê die groep se nuwe IT-platform, wat suksesvol in gebruik geneem is in al sy winkels in 15 lande, help die groep nou om sy fokus na die optimalisering van sy bedrywighede te verskuif.

“Die groep het ’n belangrike stap geneem om die nuwe era vir groei in Oktober te skep met die bekendstelling van die Xtra Savings-program in al die Checkers-winkels nasionaal.”

“SLIMMER BESLUITNEMING”

Hy het dié program beskryf as ’n “kragtige enjin” om bemarking aan klante te doen wat op hul persoonlike inligting gegrond is. “Dit baan die weg vir slimmer besluitneming en presisie kleinhandel.

“Die belegging in die tegnologie gee ons groter sigbaarheid en dit lei tot beter besluite in die onderneming.”

Die verhoging in Checkers se verkope in die halfjaar vergeleke met die ooreenstemmende tyd was net soveel soos wat die verkope van Shoprite en Usave verhoog het.

Dié winkels se verkope het ook 7,5% of met R2,3 miljard tot R33,5 miljard gestyg.

Hy het gesê die klante van Shoprite en Usave – wat laerinkomstegroepe is – het nie ’n verbetering in hul omstandighede gesien nie.

Teen einde Desember verlede jaar het Shoprite 505 winkels en Usave 371 winkels in Suid-Afrika gehad. Die kettingwinkels het onderskeidelik 13 en 27 meer as aan die einde van Desember 2018 gehad.

Engelbrecht het gesê ’n markaandeel van R2,4 miljard is in die halfjaar met sy koswinkels in Suid-Afrika gewen.

Die verkope in sy drankwinkels van Shoprite en Checkers het met 20% gestyg. Die winkels het met 44 tot 495 toegeneem.

Meubelwinkels se verkope het 2,7% tot R3,3 miljard gedaal. Dit is toegeskryf aan moeilike handelstoestande, winkels wat gesluit is, beurtkrag en die swakker wisselkoerse in lande buite Suid-Afrika. Sedert einde Desember 2018 is 31 meubelwinkels (meestal OK Furniture) in Suid-Afrika gesluit.

MEUBELWINKELS

Einde Desember het die groep 364 meubelwinkels in Suid-Afrika gehad (waaronder House & Home) en 88 in die res van Afrika.

In randwaarde het die winkels in Afrika se verkope met 3% tot R10,7 miljard gedaal. In die lande se wisselkoerse het verkope gestyg, danksy meer produkte wat verkoop is en interne inflasie wat 6% beloop het.

Die groep se wins voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie (ebitda) het met 5,3% tot R6,8 miljard gestyg.

Die groep beskou dit as ’n meer vergelykbare maatstaf na die komplekse rekenkundige standaard (IFRS 16 wat met huurkontrakte te doen het) wat in die halfjaar aanvaar is.

Kontant geskep uit bedrywighede het van R5,2 miljard tot R8,5 miljard gestyg.

Dit is weens die kapitaalbesteding wat verlaag is en bates wat verkoop is.

Die kapitaalbesteding het R2 miljard beloop – wat ’n daling van 30% jaar tot jaar is.

Soos voorheen gestel, het die groep begin met ’n program om nie-strategiese eiendom te verkoop, en R621 miljoen se eiendom is verkoop. Die groep het ook sy handelsvlootmotors verkoop en huur dit terug. Die opbrengs is R1,1 miljard.

Sy totale lenings het met R1,3 miljard tot R11,4 miljard gestyg.

“Die groep is verbind daartoe om sy skuldvlakke te verlaag en het groot vordering met die doelwit gemaak. Die beter bedryfsresultate in die eerste helfte, tesame met ’n daling in kapitaalbesteding het tot gevolg gehad dat die kontantvloei wat uit bedrywighede geskep is, verbeter het,” het Engelbrecht gesê.

Die dividend is onveranderd gelaat op 156c per aandeel.

Oor die vooruitsig vir die groep het Engelbrecht gesê: “Die risiko’s wat met die koronavirus te doen het, word bestuur. Ons voorsien nie ’n wesenlike impak op die bedrywighede nie.”

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.63/OZ DOWN -0.0022 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0121 | Zinc US$ 2 806.50/T DOWN -0.97% | Brent Crude Oil US$ 87.15/BBP DOWN -0.0002 | Platinum US$ 909.69/OZ DOWN -0.0122 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.63/OZ DOWN -0.0022 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0121 | Zinc US$ 2 806.50/T DOWN -0.97% | Brent Crude Oil US$ 87.15/BBP DOWN -0.0002 | Platinum US$ 909.69/OZ DOWN -0.0122