Chaos op lughawe
Francoise Steynberg - Reisigers wat met Air Namibia vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako vlieg, ervaar urelange oponthoud weens stelselprobleme met die nasionale lugredery.
’n Namibiese reisiger het vanaf die lughawe laat weet dat sy vlug na Kaapstad reeds met ure vertraag is.
Die senior bestuurder van verkope en bemarking van Air Namibia, mnr. Wimpie van Vuuren, het pas aan Republikein bevestig dat gister na ’n nuwe stelsel oorgeskakel is en dat tegniese probleme wel ondervind word.
“Meer as ’n miljoen besprekings moes op die nuwe stelsel oorgedra word. Alles was haarfyn beplan, maar probleme het wel ingetree,” het Van Vuuren gesê.
“Op die oomblik is dit redelik onder beheer. Air Namibia vra verskoning vir die ongerief.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie